macOS

Rekenaar bedryfstelsel

macOS, voorheen bekend as Mac OS X en OS X, is 'n bedryfstelsel vir tafel- en skootrekenaars van die Kaliforniese harde- en sagteware-onderneming Apple Inc.. Mac OS X is in 2001 vrygestel, eerder as Mac OS X, 10.0. Die nuutste weergawe van die bedryfstelsel is macOS 10.15 (macOS Catalina) as opvolger van macOS Mojave (macOS 10.14). Nog in 2020 word die vrystelling van macOS Big Sur verwag, genoem na 'n Kaliforniese kusstreek. Die nuwe bedryfstelsel sal as macOS 11 bekendstaan en beteken dat Apple ná byna twee dekades van macOS10 na 11 oorgaan.[8] Die nuwe bedryfstelsel is die eerste wat sonder Apple se vroeëre hoofontwerper Jonathan Ive ontwikkel is.

macOS
Unix[1][2][3][4][5][5][6]
Ontwikkelaar
Apple
Webbladhttp://www.apple.com/macos
Vrystellings
Aanvanklike vrystelling24 Maart 2001; 23 jaar gelede (2001-03-24)
Huidige weergawe10.15.6 (19G73) (15 Julie 2020; 3 jaar gelede (2020-07-15))
Voorskouweergawe11.0 beta 2 (20A4300b) (7 Julie 2020; 3 jaar gelede (2020-07-07))
BronkodemodelGeslote bron (met oopbron-komponente)
LisensieKommersiële eiendom-sagteware
KerntipeHibried (XNU)
Taal(e)38 tale[7]
OpdateermetodeMac App Store (10.8 en later)
Voorheen: Software Update (10.0–10.7)
Platforms wat ondersteun wordx86-64 (10.4.7 en later)
Gestaak: IA-32 (10.4.4–10.6.8; IA-32 programme word nog steeds ondersteun op x86-64)
PowerPC (10.0–10.5.8; PowerPC programme word nog steeds ondersteun op x86 met Rosetta tot en met 10.7)
Voorafgegaan deurMac OS Mojave 10.14
Ondersteuningstatus
Verdere leesstof

Kenmerkend vir macOS is die objekgeoriënteerde gebruikerskoppelvlak (met 'n stabiele oopbron-Darwin- en BSD-Unix-bedryfstelsel in sy kern) en UNIX-03-gesertifiseerde koppelvlakke. macOS is die kommersieel suksesvolste Unix-stelsel vir persoonlike rekenaars en het daarnaas as basis gedien vir nuwe Apple-toestelle soos iPod en iPhone. Darwin dien as gemeenskaplike basis (as core operating system of kernbedryfstelsel met XNU-hibiriedkern). Gemodifiseerde variante van macOS dien as bedryfstelsel vir iPhone, iPad, iPod Touch, Apple Watch en Apple TV.

Apple Inc. se lisensiebepalings beperk die gebruik van macOS tot die onderneming se eie hardeware.

Verwysings

Eksterne skakels