Zuid-Holland (letterlik in Afrikaans: Suid-Holland) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die weste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 3 805 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 3 308 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 1 410 inwoners per km² land. Die hoofstad is Den Haag en die grootste stad is Rotterdam.
Die provinsie Zuid-Holland is in 2019 verklein met 'n deel wat aan die provinsie Utrecht bygevoeg is, aan die in dieselfde jaar gestigte Vijfheerenlanden-munisipaliteit.