1997-Drienasiesreeks

Die 1997-Drienasiesreeks was die tweede keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 19 Julie tot 23 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi gewen nadat hulle al die vier wedstryde gewen het. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.

1997-Drienasies
Datums 19 Julie - 23 Augustus
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (2 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 48 (8 per wedstryd)
Bywoning 304 035 (50 673 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Carlos Spencer (84)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Christian Cullen (4)
1996
1998

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

Formaat

Die formaat vir die 1997-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jaar. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart

NasieWedstrydePunteBonuspunteLigapunte
SpeelWenGelykVerloorVirTeenVerskil
1 Nieu-Seeland4400159109+50218
2 Suid-Afrika4103148144+437
3 Australië410396150–5426

Wedstryddatums

DatumDatum
Week 119 JulieWeek 49 Augustus
Week 226 JulieWeek 516 Augustus
Week 32 AugustusWeek 623 Augustus

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6


Drienasiesreekskampioen 1997
Nieu-Seeland

Statistiek

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
NaamPunte
1 Carlos Spencer84
2 Jannie de Beer64
3 David Knox28
Meeste drieë gedruk:
NaamDrieë
1 Christian Cullen4
2 Frank Bunce3
Stephen Larkham
Percy Montgomery
Ben Tune

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels