Tuisblad

Welkom by Wikipedia,
Maandag, 10 Februarie 2025
Hier is tans 121 600 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  KontakGebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
'n Standbeeld van Simon van Trente, 'n Italiaanse kind vir wie se verdwyning en dood die stad se Jode geblameer is.

Bloedlaster of bloedverdigsels is valse, antisemitiese aantygings dat Jode veral Christelike kinders vang en hulle bloed in Joodse rituele gebruik. Die beskuldiging soos dit teen Jode gebruik is, is selde in antieke tye aangetref. Volgens die Romeinse skrywer Tertullianus is dit in die laat oudheid begin gebruik teen lede van die vroeë Christendom van die Romeinse Ryk. 'n Millennium later, in die Middeleeue, het Christene dit begin gebruik as 'n aantyging teen Jode. Dié aantyging, tesame met putvergifting en gasheerontheiliging, het van die Middeleeue tot in die moderne tyd 'n belangrike beskuldiging in Europa geword in die vervolging van Jode.

Dikwels word met bloedlaster beweer Jode het menslike bloed nodig vir die maak van matso's, ongesuurde, plat brode wat tydens die Joodse Paasfees (ook Pasga, Pesach) geëet word. In vroeëre weergawes is Jode daarvan beskuldig dat hulle die kruisiging namaak. Die beskuldigings sluit dikwels in dat Christelike kinders veral gesog is, en histories is dit gebruik om die verdwyning van baie kinders te verduidelik. In sommige gevalle is die vermeende slagoffers as heiliges vereer, soos William van Norwich, Hugh van Lincoln en Simon van Trente.

Die term "bloedlaster" word ook soms gebruik in verband met ander skadelike beskuldigings met 'n breër betekenis. Dit is egter omstrede, omdat Joodse groepe daarteen beswaar maak.

...lees verder

In die nuus

Het u geweet...

... dat die Millau-brug naby Millau in die suide van Frankryk hoër is as die Eiffeltoring en net 40 meter korter as die Empire State-gebou? Die brug is in 2004 voltooi en as mens die steunpilare in ag neem, is dit die hoogste brug ter wêreld.

... dat die Deense wiskundige Piet Hein 'n superellipsvorm gebruik het om die Sergels Torg-verkeersirkel in Stockholm, Swede te ontwerp?

... dat die Ellis Park-stadion nie na William Webb Ellis vernoem is nie? Dit is vernoem na 'n Johannesburgse stadsraadslid mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die oprigting van die stadion beskikbaar gestel het.

... dat 'n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as 'n sport in Suid-Afrika.

... dat in Australië en Nieu-Seeland meer skape as mense is? In Australië is daar 65,8 miljoen skape (2019) en 'n bevolking van 25,96 miljoen mense (2022), en in Nieu-Seeland 26,8 miljoen skape (2019) en 5 miljoen mense (2023).

Vandag in die geskiedenis

10 Februarie:

Koningin Victoria
Koningin Victoria

Voorbladbeeld
Grafstene in St. Anne-kapel, Malbork-kasteel, Pole
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
فارسی
Weergawes met meer as 500 000 artikels
НохчийнCatalàČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarçaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekcha
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipதமிழ்Тоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschLadinlombardമലയാളംPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering