2013-Rugbykampioenskapreeks

Wikimedia-kategorie

Die 2013-Rugbykampioenskapsreeks was die tweede jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 17 Augustus tot 5 Oktober 2013 gespeel. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die twaalfde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Australië met die Poematrofee weggestap het.

2013-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 17 Augustus - 5 Oktober
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (12 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 66 (5.5 per wedstryd)
Bywoning 488 133 (40 678 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Morné Steyn (88)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Ben Smith (8)
2012
2014

Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.[1]

Formaat

Die formaat vir die 2013-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jaar. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart

NasieWedstrydePunteBonuspunteLigapunte
SpeelWenGelykVerloorVirTeenVerskil
1 Nieu-Seeland6600202115+87428
2 Suid-Afrika6402203117+86319
3 Australië6204133153−2019
4 Argentinië600688224−13622

Wedstryddatums

DatumDatum
Week 117 AugustusWeek 414 September
Week 224 AugustusWeek 528 September
Week 37 SeptemberWeek 65 Oktober

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6


Rugbykampioenskapreekskampioen 2013
Nieu-Seeland

Statistiek

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
NaamPunte
1 Morné Steyn88
2 Christian Lealiifano64
3 Ben Smith40
4 Aaron Cruden37
5 Nicolás Sánchez33
Meeste drieë gedruk:
NaamDrieë
1 Ben Smith8
2 Israel Folau5
3 Bryan Habana3
Juan Manuel Leguizamón
Kieran Read
Willie le Roux
Jean de Villiers

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels