2014 Curriebekerkwalifisering

Die 2014 Curriebekerkwalifiseringstoernooi is ’n rugbykompetisie wat in 2014 tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika uitgespook word om te bepaal welke span in die Premierafdeling speel. Die toernooi word tussen sewe spanne gespeel tussen Junie en Julie. Die wenner sal in die Premierafdeling speel terwyl die oorblywende ses spanne om die Eerste Afdeling sal meeding.

2014 Curriebekerkwalifisering
Die Absa Curriebeker se amptelike logo.
Die Absa Curriebeker se amptelike logo.
KampioeneGriekwas
Totaal wedstryde21
Wedstryde gespeel  21
Drieë gedruk193  (gemiddeld 9.19 per wedstryd)
Meeste punte93 Juan Kotzé (Valke)
Meeste drieë10 Luther Obi (Luiperds)
10 Sylvian Mahuza (Luiperds)

Toernooi

Op 13 Februarie 2014 het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aangekondig dat die Premierafdeling van die Curriebeker van ses na agt spanne vergroot sou word. Die boonste vyf spanne van 2013, die Natalse Haaie, Westelike Provinsie, Vrystaat Cheetahs, Goue Leeus en Blou Bulle het bevestigde deelname in die 2014-reeks gehad, asook die boonste twee spanne van die Eerste Divisie nl. die Pumas en die Oostelike Provinsie.

Die span wat laaste geëindig het in die Premierafdeling in 2013, die Griekwas, saam met die oorblywende spanne van die Eerste Divisie, die Luiperds, Boland Kavaliers, SWD Arende, Griffons, Grens Bulldogs en Valke speel in die kwalifiseringstoernooi met die wenner wat kwalifiseer vir deelname aan die Premierafdeling.[1]

Die sewe spanne speel een keer teen mekaar in ’n tuis- óf wegwedstryd. Spanne kry vier punte vir ’n oorwinning en twee vir ’n gelykopuitslag. Bonuspunte word toegeken vir spanne wat vier of meer drieë druk in ’n wedstryd en aan spanne wat met sewe punte of minder verloor. Spanne sal eers volgens ligapunte en dat volgens punteverskil gerangskik word.

Die span wat bo-aan die punteleër eindig kwalifiseer vir die Premierafdeling terwyl die ses oorblywende spanne in die Eerste Divisie sal speel.

Spanne

Tabel

PosNaamSWGVPVPT+/−BPTabelpunte
1Griekwas6600246101+145428
2Luiperds6501356141+215727
3Griffons6303183213−30618
4SWD Arende6303163245−82315
5Boland Kavaliers6204140156−16412
6Valke6204193223−30210
7Grens Bulldogs6006118320−20222
Opgedateer op 20 Julie 2014

Tabel notas

  • Pos = Tabel Posisie
  • S = Speel
  • W = Wen (4 punte)
  • G = Gelykop (2 punte)
  • V = Verloor (0 punte)
  • PV = Punte vir (Totale punte aangeteken)
  • PT = Punte teen (Totale punte afgestaan)
  • +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT)
  • BP = Bonuspunt
    • Spanne kan tot twee bonuspunte in 'n rondomtaliewedstryd verdien. Een bonuspunt word toegeken vir 'n span wat vier of meer drieë gedruk het in een wedstryd, ongeag die uitslag van die wedstryd. 'n Bonuspunt word ook toegeken aan die verloorspan wanneer daardie span met 7 of minder punte verloor. Slegs die verloorspan kan 'n maksimum van 2 bonuspunte verkry.
  • Pte = Alle tabelpunte bymekaargemaak.

Wedstryddatums

DatumDatum
Week 16-7 JunieWeek 54-5 Julie
Week 213-14 JunieWeek 612 Julie
Week 320-21 JunieWeek 719 Julie
Week 428 Junie
  • Nota: Tye, datums en wedstrydplek is onderhewig aan verandering

Week 1

Loslootjie: Valke

Week 2

Loslootjie: Grens Bulldogs

Week 3

Loslootjie: Griffons

Week 4

Loslootjie: Luiperds

Week 5

Loslootjie: Griekwas

Week 6

Loslootjie: SWD Arende

Week 7

Loslootjie: Boland Kavaliers

Spelerstatistieke

Voorste driedrukkers

Top 8 driedrukkers (Statistiek)
PosNaamDrieëGespeelSpan
1Luther Obi106Luiperds
Sylvian Mahuza105Luiperds
3Marnus Schoeman76Griekwas
4Carel Greeff66Griekwas
Juan Language66Luiperds
Norman Nelson66Griffons
7Juan Kotzé56Valke
Riaan Arends55Valke

Voorste puntemakers

Voorste 9 puntemakers (Statistiek Geargiveer 28 April 2020 op Wayback Machine)
PosNaamPunteGespeelSpan
1Juan Kotzé93 (5 Drieë, 19 Doel, 8 Straf, 2 Skep)6Valke
2André Pretorius83 (37 Doel, 2 Straf, 1 Skep)6Luiperds
3=Luther Obi50 (10 Drieë)6Luiperds
3=Sylvian Mahuza50 (10 Drieë)5Luiperds
5Eric Zana49 (4 Drieë, 7 Doel, 5 Straf)6Boland Kavaliers
6Masixole Banda43 (1 Drie, 10 Doel, 6 Straf)6Grens Bulldogs
7=Marnus Schoeman35 (7 Drieë)6Griekwas
7=Nico Scheepers35 (1 Drie, 9 Doel, 4 Straf)4Griekwas
9Karlo Aspeling31 (11 Doel, 3 Straf)6SWD Arende

Verwysings