Alketas II van Masedonië

Alketas II (Grieks: Ἀλκέτας B), uit die Argeïese Dinastie, was van 454 tot 448 v.C. medekoning van Masedonië. Hy was een van ’n paar seuns van Alexander I.

Alketas II
Koning van Masedonië
Tydperktradisioneel: 454 v.C. – 448 v.C.
GrieksἈλκέτας B' ὁ Μακεδὼν
HuisArgeïese Dinastie
VoorgangerAlexander I
OpvolgerPerdikkas II
Vrouonbekend
KindersAlexander
VaderAlexander I
Moederonbekend
GeloofGriekse mitologie

Toe Alexander vermoor is, het die Masedoniese volksraad besluit dat drie van sy seuns hom moet opvolg: Philippus, Alketas en Perdikkas. Die drie broers het mekaar egter gou die stryd aangesê. Die volksraad het Philippus en Alketas toe van die troon gesit en Perdikkas het die troon alleen bestyg as Perdikkas II.

Perdikkas se seun, Archelaos, het Alketas en sy seun Alexander in 448 v.C. vermoor.

Alketas was bekend vir sy verslawing aan alkohol.

Verwysings