Archelaos

Archelaos (Grieks: ο Αρχέλαος) was van 36 v.C tot 17 n.C die laaste koning van Kappadosië. Hy was die seun van Archelaos III, die hoëpriester van Comana.

Archelaos
Koning van Kappadosië
’n Muntstuk van Archelaos.
’n Muntstuk van Archelaos.
Tydperk36 v.C. – 17 n.C.
GrieksἈρχέλαος
HuisAriathide
VoorgangerAriarathes X
OpvolgerGeen
VaderArchelaos III
MoederGlaphyra
GeboorteplekKappadosië in Klein-Asië
Oorlede17 n.C.
SterfteplekRome, Romeinse Republiek
GeloofGriekse mitologie

Hy het koning Ariarathes X opgevolg nadat Marcus Antonius hom in 36 v.C. koning gemaak het. Die keiser van die Romeinse Republiek Augustus het sy koninkryk vergroot. Hy was egter nie baie gewild onder sy onderdane nie en hulle het hom selfs in Rome verkla, waar hy deur die latere keiser Tiberius verdedig is.

Nadat Tiberius keiser geword het, het hy Archelaos daarvan beskuldig dat hy ’n rewolusie wou aanvuur, en hy is in gevangenskap in Rome dood. Kappadosië het toe ’n Romeinse provinsie geword.

Bronne