Baleariese Eilande

Outonome Gemeenskap van die Baleariese Eilande
Comunitat Autònoma de les Illes Balears
VlagWapen
HoofstadPalma de Mallorca
Oppervlak
 – Totaal
 – % van Spanje
Gelys 15de
 5 192 vk. km
 1%
Bevolking
 – Totaal (2009)
 – % van Spanje
 – Bevolkingsdigtheid
Gelys 14de
 1 095 426
 2,3%
 219,44/vk. km
Statuut van Selfregering1 Maart 1979
ISO 3166-2ES-IB
Parlementêre verteenwoordiging
 – Setels in die Spaanse Kongres
 – Setels in die Spaanse Senaat


 8

 7 (benoem deur outonome regering)

59
PresidentinFrancina Armengol (PSIB-PSOE)
Gobierno de Baleares

Die Baleariese Eilande (Katalaans: Illes Balears, Spaans: Islas Baleares) (39° 30'N, 3° 0'W) is 'n eilandgroep van die Koninkryk van Spanje in die Middellandse See. Dit is geleë naby die ooskus van Spanje (Katalonië en Valencia). Dit vorm 'n outonome gewes van Spanje. Die vernaamste eilande is Majorka, Ibiza, Minorka, Formentera en Cabrera.

Saam met ander kleiner eilandjies beslaan hierdie eilandgroep 'n oppervlakte van 5 014 km. Majorka, die grootste en belangrikste eiland, is baie ru. Die hoogste spits, Puit Mayor, is 1 445 m hoog. Die eiland het egter vrugbare laaglande in die suide en graan en groente word gekweek in die lande omring met vrugtebome. Minorka is laer geleë en ook meer blootgestel aan wind as Majorka en, soos die ander klein eilande, minder ontwikkel.

Nadat die eilande jare lank uit die hand van die een veroweraar in die ander oorgegaan het, het hulle in 1343 'n provinsie van Aragon geword. In 1708 is Minorka deur Engeland verower, maar later het die Franse dit afgeneem. In 1782 het dit weer in Spaanse besit gekom.

Eilande

LiggingBeeldVlagWapenEilandHoofstad
MajorkaPalma de Mallorca
MinorkaMahón
IbizaIbiza
FormenteraSant Francesc Xavier
CabreraEs Port

Bronne

Eksterne skakels