Bananal

Bananal (Portugees: Ilha do Bananal, [banaˈnaw]; letterlik: "Piesang-eiland") is die tweede grootste riviereiland ter wêreld na Marajó en die grootste bekende binnelandse riviereiland. Dit is tussen die Rio Araguaia en sy oostelike sytak, die Rio Javaés in die middel van Brasilië geleë. Dit lê in die weste van die Brasiliaanse deelstaat Tocantins en grens aan Mato Grosso in die weste. Bananal beslaan 'n oppervlakte van 19 162,25. Hier is die Araguaia Nasionale Park geleë, waar die inheemse Karajá-volk leef.

Bananal
Inheemse naam: Ilha do Bananal
Nasa-Satellietbeeld van Bananal se noordelike einde soos in 1992 opgeneem
Nasa-Satellietbeeld van Bananal se noordelike einde soos in 1992 opgeneem
Geografie

LiggingTussen die Rio Araguaia en sy oostelike sytak, die Rio Javaés in Brasilië
Koördinate11°20′S 50°41′W / 11.333°S 50.683°W / -11.333; -50.683 50°41′W / 11.333°S 50.683°W / -11.333; -50.683

Oppervlakte19 162,25 vk km

Administrasie
Vlag van Brasilië Brasilië
Deelstaat Tocantins

Tweede grootste riviereiland ter wêreld
Ligging van Bananal in die Brasiliaanse deelstaat Tocantis

Die noordelike derde van die eiland behoort tot die Araguaia Nasionale Park, 'n gewilde ekotoerismebestemming. Die suidelike tweederdes behoort aan inheemse volke.

Sien ook

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bananal.
  • (en) "Bananal Island". Encyclopædia Britannica. Besoek op 3 Mei 2020.