Bariumtitanaat

chemiese verbinding

Bariumtitanaat kan beskou word as 'n gemengde oksied van barium en titaan, maar ook as 'n sout van die basis bariumhidroksied Ba(OH)2 en die hipotetiese titaansuur H3TiO3

Eienskappe

Algemeen

NaamBariumtitanaat 
IUSTC-naamBariumtitanaat(IV)
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleBaTiO3
Molêre massa233,19 g/mol[1]
CAS-nommer12047-27-7[1]  
VoorkomsWit tot liggroen vaste stof
Fasegedrag  
Selkonstantes401 pm [2]  
RuimtegroepPm3
Nommer221  
StrukturberichtE2₁
Smeltpunt1650 °C[3]
Kookpunt
Digtheid6,08 [g/cm3][1]
Oplosbaarheidonoplosbaar in water; opl. in sure 
Hardheid5 (Mohs) [3]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntonbrandbaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Die stof is oplosbaar in heelparty sure, soos swawelsuur, soutsuur en waterstoffluoried. In water en alkali is dit onoplosbaar.[3]

Die stof is 'n diamagnetiese halfgeleier met 'n indirekte bandgaping van 1,67 eV [2] In suiwere vorm is dit amper isolerend. Die stof se geleidingsvermoë kan deur dotering met elemente uit groep 3, soos Sc, Y, Nd, Sm ens. vergroot word. Eenkristalle vertoon 'n negatiewe temperatuurkoëffisiënt van die elektriese weerstand, soos die meeste halfgeleiers.[3]

Die tetragonale vervorming

Die stof is para-elektries bo 393K en het die kubiese perovskietstruktuur met bariumione in die kuboktaëders. (Strukturbericht-klassifikasie E2₁

Ferro-elektriese eienskappe

Van 278K tot 393 is dit effens vervorm in 'n tetragonale struktuur wat ferro-elektries is. Die katione skuif in die een rigting, die anione in die teenoorgestelde rigting. Onder 278K word dit ortorombies en onder 183K romboëdries. Hierdie vervormings gaan saam met klein verskuiwings van die atome. [4]

Verwysings