Bronisław Komorowski

Bronisław Maria Komorowski (Pools: [brɔˈɲiswaf kɔmɔˈrɔfskʲi] ; * 4 Junie 1952 in Oborniki Śląskie)[1] is 'n Poolse politikus het vanaf 2010 tot 2015 as president van Pole gedien. Tussen 2007 en 2010 het hy die amp van maarskalk van die Poolse parlement (Sejm) beklee. Tot 2010 was hy lid van die party Burgerplatform (Platforma Obywatelska) en het tussen 2000 en 2001 as minister van verdediging gedien.

Bronisław Komorowski
Bronisław Komorowski
Bronisław Komorowski in 2015

5de President van Pole
Ampstermyn
6 Augustus 2010 – 6 Augustus 2015
Eerste ministerDonald Tusk
Ewa Kopacz
Voorafgegaan deurGrzegorz Schetyna (waarnemend)
Opgevolg deurAndrzej Duda
Ampstermyn
10 April 2010 – 8 Julie 2010
Eerste ministerDonald Tusk
Voorafgegaan deurLech Kaczyński
Opgevolg deurBogdan Borusewicz (waarnemend)

Maarskalk van die Sejm
Ampstermyn
5 November 2007 – 8 Julie 2010
PresidentLech Kaczyński
Eerste ministerJarosław Kaczyński
Donald Tusk
Voorafgegaan deurLudwik Dorn
Opgevolg deurGrzegorz Schetyna

Minister van Nasionale Verdediging
Ampstermyn
16 Junie 2000 – 19 Oktober 2001
Eerste ministerJerzy Buzek
Voorafgegaan deurJanusz Onyszkiewicz
Opgevolg deurJerzy Szmajdziński

Persoonlike besonderhede
Gebore4 Junie 1952 (1952-06-04) (71 jaar oud)
Oborniki Śląskie, Pole
Politieke partyKonserwatiewe Volksparty (tot 2001)
Burgerplatform (2001–2010)
Onafhanklik (2010–hede)
Eggenoot/-noteAnna Dziadzia (1977–hede)
Kind(ers)Zofia Aleksandra
Tadeusz Jan
Maria Anna
Piotr Zygmunt
Elżbieta Jadwiga
Alma materUniversiteit van Warskou
ReligieRooms-Katolieke Kerk
Handtekening

Nadat die Poolse staatspresident Lech Kaczyński op 10 April 2010 in 'n vliegtuigongeluk naby die Russiese stad Smolensk gesterf het, het Komorowski as president van die parlement - volgens die Poolse grondwet die tweede hoogste amp in die staat - tydelik die amp van staatshoof waargeneem. As kandidaat van die Burgerplatform het Komorowski in die presidensiële verkiesing van 2010 gestaan met 41,22 persent die meeste stemme op hom verenig, maar geen algehele meerderheid behaal nie. Hy het dus in 'n tweede rondte teen Jarosław Kaczyński gestaan, Lech Kaczyński se tweeling en kandidaat van die nasionaal-konserwatiewe party Prawo i Sprawiedliwość ("Reg en Geregtigheid"), wat in die eerste rondte van die verkiesing tweede gekom het. Komorowski is uiteindelik met 'n algehele meerderheid van die uitgebragte stemme as nuwe president van Pole verkies en het die ampseed op 6 Augustus 2010 afgeleë.

Verwysings

Eksterne skakels