Christene

Volgelinge can Christen geloof

Christene glo in die drie-enige GodVader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel.

Christene

Totale bevolking:ca. 2,4 miljard (2015)[1][2]
Belangrike bevolkings  in:Flag of Europe Europese Unie 373 656 000[3]

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 246 790 000[2]
Vlag van Brasilië Brasilië 175 770 000[2]
Vlag van Meksiko Meksiko 107 780 000 [2]
Vlag van Rusland Rusland 105 220 000[2]
Vlag van Filippyne Filippyne 86 790 000[2]
Vlag van Nigerië Nigerië 80 510 000[2]
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 67 070 000[2]
Flag of the Democratic Republic of the Congo Demokratiese Republiek die Kongo 63 150 000[2]
Vlag van Ethiopië Ethiopië 52 580 000[2]

Taal:Oorwegend gesproke tale:[4]
SpaansEngelsPortugeesRussiesMandaryns-ChineesFransDuitsPoolsOekraïensTagalogItaliaans • ander inheemse tale van die wêreld

Heilige tale:
LatynKoine[5]Siries[6]

Geloofsoortuiging:Christendom:
Verwante etniese groepe:
Die kruis en die Ichthus (vis), twee simbole, wat Christene gebruik om hul geloof te verteenwoordig.

Christene beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Hulle glo voorts in verlossing deur genade, met antwoorde dat 'n mens nooit die ewige lewe op grond van goeie werke deelagtig kan word nie, maar suiwer deur God se genadige redding (jou "wedergeboorte").

Wedergebore Christene verklaar met 'n absolute sekerheid dat hulle geredde kinders van God is wat tot in alle ewigheid deel sal hê in Sy koninkryk – en in dié opsig verskil die Christendom radikaal van ander godsdienste.

In Suid-Afrika, soos wêreldwyd, is die Christendom egter in talle kerkgenootskappe en sektes versplinter. Dikwels is die skismas (kerkskeuringe) die gevolg van verskillende interpretasies van minder kardinale sienings wat tog nie die hoofboodskap van die Christendom aantas nie.

Die woord "Christen" kan manlik of onsydig wees en "Christin" verwys na 'n vroulike persoon.

Bevolkingstatistiek

Christene oor die wêreld.

Vanaf die vroeë 21ste eeu het die Christendom ongeveer 2,2 miljard medegelowiges.[7][8][9] Dit sluit sowat ’n kwart of ’n derde van die wêreldbevolking in en is die grootste godsdiens ter wêreld, met sowat 38 000 Christelike denominasies.[10] Christene het vir die afgelope 100 jaar omtrent 33% van die wêreldbevolking uitgemaak. Die grootste Christelike denominasie is die Rooms-Katolieke kerk, met 1,166 miljard medegelowiges, wat die helfte van die Christendom beslaan.[11]

Twintig lande met die meeste Christene
LandChristene% Christene
 Verenigde State176 400 00078,4%
 Brasilië174 700 00090,4%
 Meksiko105 095 00094,5%
 Rusland99 775 00070,3%
 Filippyne90 530 00092,4%
 Nigerië76 281 00048,2%
 Demokratiese Republiek van die Kongo68 558 00095,6%
 China66 959 0005,0%
 Italië55 070 00091,1%
 Ethiopië54 978 00064,5%
 Duitsland49 400 00059,9%
 Colombia44 502 00097,6%
 Oekraïne41 973 00091,5%
 Suid-Afrika39 843 00079,7%
 Argentinië37 561 00092,7%
 Pole36 526 00095,7%
 Spanje35 568 00077,2%
 Frankryk35 014 00053,5%
 Kenia34 774 00085,1%
 Uganda29 943 00088,6%

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels