Copán

Copán is 'n argeologiese vondsplek van die Voor-Colombiaanse Majabeskawing wat in die Copán-department in die weste van Honduras net oos van die grens tot Guatemala geleë is. Dit was die hoofstad van 'n koninkryk tydens die Klassieke tydperk vanaf die 5de tot die 9de eeu. Die stad is geleë in die uiterste suidooste van die Meso-Amerikaanse kulturele gebied, op die grens met die Isthmo-Colombiaanse kulturele gebied, en was amper omring deur nie-Majamense.[1] In hierdie vrugbare vallei lê nou 'n stad met 'n bevolking van omstreeks 3000, 'n klein lughawe, en 'n kronkelpad. Die historiese naam van die stad is nog nie heeltemal duidelik nie. Copán is in 1980 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Majaterrein van Copán*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Copán se balspelplek
Ligging van Copán op 'n kaart (Honduras)
Copán
Copán
Ligging van Copán in Honduras
Koördinate: 14°50′24″N 89°08′24″W / 14.84000°N 89.14000°W / 14.84000; -89.14000 89°08′24″W / 14.84000°N 89.14000°W / 14.84000; -89.14000
LandeVlag van Honduras Honduras
TipeKultuur
Kriteriaiv, vi
Verwysings129
StreekNoord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie1980  (4de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Majahiëroglief van Copán
Kaart van die suidelike Majagebied, vertoon die ligging van Copán en Quiriguá
Ligging van Copán naby die Motagua-rivier, ten opsigte van Jade-bronne

Copán was vir meer as twee duisend jaar bewoon, van die vroeë Voor-Klassieke tydperk tot die Ná-Klassiek. Die stad het 'n kenmerkende beeldhouwerk in die tradisie van die Laeveld-Maja ontwikkel, miskien om die Maja-etnisiteit van die stad se leiers te beklemtoon.[1]

Die stad het 'n historiese rekord wat oor die grootste deel van die Klassieke tydperk streek en is in detail gerekonstrueer deur argeoloë en epigrafers.[1] Copán was 'n kragtige stad en het 'n groot koninkryk in die suide van die Majagebied beheers.[2] Die stad het 'n groot politieke ramp in 738 gely nadat Uaxaclajuun Ub'aah K'awiil, een van die grootste konings in Copán se dinastiese geskiedenis, gevang en tereggestel is deur sy voormalige vasal, die koning van Quiriguá.[3][4][5] Hierdie onverwagte nederlaag het gelei tot 'n 17-jaar lange gaping in die geskiedenis van die stad, waartydens die mag in Copán deur Quiriguá oorneem is.[6] In die laat 8ste eeu is die stad laat vaar en het, soos die meeste ander Majastede in die diepte van die Yucatán-skiereiland, verval.

'n Groot gedeelte van die oostelike kant van die Akropolis is geërodeer deur die Río Copán, hoewel die rivier sedertdien herlei is om die terrein teen verdere skade te beskerm.[1]

Leiers

Verwysings na die voor-dinastiese heersers van Copán is in latere tekste gevind, maar geeneen van hierdie tekste dateer die heerstigting van Copán in 426 n.C.[7]

Tekening van "Stele D" deur Frederick Catherwood
Stele N aantoon K'ak' Yipyaj Chan K'awiil[8]
Stele H, soos in opdrag gegee deur Uaxaclajuun Ub'aah K'awiil[9]
Altaar Q vertoon 16 konings in die dinastiese opvolging van Copán[10]
Naam (of bynaam)RegeerDinastiese
opvolging no.
Alternatiewe name
K'inich Yax K'uk' Mo'426 – c. 4371Groot-Son Eerste Quetzal-arapapegaai
K'inich Popol Holc. 4372Groot-Son
naam onbekendc. 4553Leier 3
Ku Ixc. 4654K'altuun Hix, Tuun K'ab' Hix
naam onbekendc. 4765Leier 5
Muyal Jolc. 4856Leier 6
B'alam Nehn504–5447Jaguar spieël; Waterlelie-Jaguar
Wil Ohl K'inich[11]532–5518Leier 8; Kop op aarde
Sak-Lu551–5539Leier 9
Tzi-B'alam553–57810Maan-jaguar
K'ak' Chan Yopaat[12]578–62811B'utz' Chan; Rokende slang
Chan Imix K'awiil628–69512Rokende Jaguar; Rokende Imix
Uaxaclajuun Ub'aah K'awiil695–7381318 haas
Ajaw K'ak' Joplaj Chan K'awiil738–74914Rokende aap
Ajaw K'ak' Yipyaj Chan K'awiil749–76315Rokende skulp; Rokende eekhoring
Yax Pasaj Chan Yopaat763–na 81016Yax Pac
Ukit Took82217?

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Fash, William L.; Agurcia Fasquelle, Ricardo (2005). "Contributions and Controversies in the Archaeology and History of Copán". In E. Wyllys Andrews & William L. Fash (red.). Copán: The History of an Ancient Maya Kingdom. Santa Fe, New Mexico, USA.: School of American Research Press. pp. 3–32. ISBN 0-85255-981-X. OCLC 474837429.
  • (en) Fash, William L.; Andrews, E. Wyllys; Manahan, T. Kam (2005). "Political Decentralization, Dynastic Collapse, and the Early Postclassic in the Urban Center of Copán, Honduras". In Arthur A. Demarest, Prudence M. Rice and Don S. Rice (red.). The Terminal Classic in the Maya lowlands: Collapse, transition, and transformation. Boulder: University Press of Colorado. pp. 260–287. ISBN 0-87081-822-8. OCLC 61719499.

Eksterne skakels