Damtsjik

Damtsjik (Russies: Дамчик) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Obraztsowo-Trawino Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë, naby die Kaspiese See.

Damtsjik

Дамчик
Dorpie
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland
Damtsjik is in Astrachan-oblast
Damtsjik
Damtsjik
Die ligging van Damtsjik in Astrachan-oblast
Koördinate: 45°47′22″N 47°53′21″O / 45.78944°N 47.88917°O / 45.78944; 47.88917
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedAstrachan-oblast
RajonKamiziak
Bevolking
 • Totaal28
TydsoneUTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd)
Poskode
416332

Die Astrachanse Natuurreservaat se hoofkwartier is op Damtsjik geleë en is die hoofwerkgewer vir die plaaslike bevloking. Die nattuurreservaat is ook 'n gewilde toeriste-aantreklikheid.[1]

Demografie

Volgens Sensus 2010 was daar 28 inwoners op Damtsjik. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]

Verwysings