Wikipedia:Geselshoekie

Jongste opmerking: 1 dag gelede deur Woordgenoot in onderwerp AW Skryfkompetisie vir hoërskole 2024-wenartikels


Kom praat met ons, ons kuier lekker saam!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Argief
2004-0620072008
200920102011
201220132014
201520162017
201820192020
202120222023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans


Besoeke vir Oktober: 2,7 miljoen.

Gemeenskap, ons besoeke vir Oktober is 2.7 miljoen. Sien Besoeke Groete! Oesjaar (kontak) 06:06, 1 November 2024 (UTC)

Die besoeke is maar 'n kreeftegang. Interessanter is waar die besoekers vandaan kom (page views by country), en dat daar baie in die VSA en Kanada is (ook Nederland en Duitsland). Miskien hou ons Afrikaans by vir diegene wat daarheen uitgewyk het. Wie al die Afrikaanses in Indië, Taiwan, Suid-Korea en Japan is weet ek nie. China is 'n blindekol want wikipedia word daar geblokkeer. Ook interessant is access method + top viewed articles. Dit toon duidelik dat die jonges (mobile apps) hoofsaaklik arriveer om oor seks te lees, tot 11 uit die top 20 artikels is seksverwant. JMK (kontak) 12:53, 1 November 2024 (UTC)
Myns insiens is die bladtrekke 'n goeie indikator dat ons die groot taalweergawes slegs met kwaliteit kan klop. Ons kan nuwe lesers veral met spogartikels lok wat inhoud dek wat die Engelstalige Wikipedia nie het nie. Ek doen dit byvoorbeeld in sport (sien bo), indien ek slegs aan die begin die Engelstalige artikel vat, dit dan tydens die toernooi self verder uitbrei en ook self na bronne gaan soek. Boonop is ek konsekwent in my sportartikels, as in een toernooi 'n prestasie, mylpaal, rekord of iets anders noemenswaardig gebeur en dieselfde dan ook in 'n ander toernooi, dan noem ek dit. Boonop neem ek baie tyd om al die vorige rekords dan ook konsekwent te hersien. Dit voel dan asof die artikel van self groei. Miskien is dit wat ook baie Indiërs na ons taalweergawe lok, want hulle is mal oor krieket en hulle het ook 'n groot respek vir die Proteas. Ek het dit self ervaar, as ek met my Proteakappie rondloop, is dit veral Suid-Asiate wat daarop lekker reageer en dan begin ons gesels. 99% van die Duitsers stel nie eers belang nie. As ek na jou lys van lande kyk, is dit juis dié lande waaroor ons die meeste voorbladartikels het (sien verder bo). Anderstalige gebruikers erken ons voorbladartikels aan die geel sterretjie in die taallys. Myns insiens verskrik klein, swak en rekenaarvertaalde artikels slegs nuwe lesers en jaag hulle na die Engelstalige of ander taalweergawes toe. Derhalwe is die enigste antwoord wat ons het kwaliteit bo kwantiteit. My beskeie mening en ervaring. Groete. --  SpesBona 21:30, 3 November 2024 (UTC)
Dit mag dalk Indië se besoekers verklaar en miskien vertaal hulle die teks in Engels. Nog 'n interessantheid is dat daar heelwat besoeke uit Frans-Guyana is, maar niks uit Suriname nie. Ek sou eerder besoeke uit lg. verwag het omdat hulle daar 'n vereenvoudigde Nederlands praat wat heelwat soos Afrikaans is. JMK (kontak) 18:10, 5 November 2024 (UTC)

Ons aantal aktiewe gebruikers word minder

Gemeenskap, ek wonder deels sedert maande wat onder andere met @Lefcentreright en Jcwf: gebeur het. Hulle is al sedert maande baie stillerig en blykbaar is hulle met iets verskrik. Kan ons dit bekostig, aangesien ons aantal artikels wat ons op datum moet hou, skerp groei? Soos bekend vermis ek @Naudefj: se goeie artikelwerk volgens die HAT al sedert jare. Hy het dié woordeboek alfabeties deurgewerk. @Puvircho: het in die verlede uitstekende rugby-artikels oor die Verenigde Rugbykampioenskap geskryf, maar sedertdien was daar 'n aantal seisoene. Sy mooi en spogartikels oor vlae vermis ek natuurlik ook. @Oesjaar: kan jy hulle motiveer om weer betrokke te raak? Ons benodig hulle. Groete. --  SpesBona 21:46, 3 November 2024 (UTC)

As Jcwf ons verlaat weens die skerp elmboog wat teen hom ingelê is, sal dit my nie verbaas nie. Ek hoop egter dat al hierdie mense net op 'n wiki-vakansie is, wat mens soms nodig het. Het self gewonder oor die langtermyn toekoms van af.wiki, en dit lyk glad nie seker nie. Wie is die jonger garde wat eendag die middeljarige en ouer garde gaan opvolg? Voyageur het ons blykbaar tydens covid ontval, en dit het reeds 'n reuseuitwerking op die wiki. 'n af.wiki-bydraer moet ook voldoen aan drie eienskappe wat eintlik selde oorvleuel, 1. taalvaardigheid en belangstelling in Afrikaans, 2. redelik analitiese ingesteldheid en/of intellektuele belangstellings, met die selfvertroue om dit op skrif te stel, 3. aanvaarding van geen finansiële voordeel vir die aansienlike persoonlike tyd wat afgestaan word. JMK (kontak) 17:57, 5 November 2024 (UTC)
@JMK:, kom woon asb ons verjaarsdag funksie by. Ek gaan 'n aankondiging doen. En ek wil jou graag ontmoet. Groete! Oesjaar (kontak) 20:33, 5 November 2024 (UTC)
Ek vrees die ergste oor Jcwf want sy FB blad is stil... Groete! Oesjaar (kontak) 20:38, 5 November 2024 (UTC)
@Oesjaar: prof. Jaap se laaste eie persoonlike profielboodskap was op 2 Januarie 2020. Alles daarna is deur ander mense op sy blad geskryf. Dit is meer as stil, dit is onaktiew. Groete. --  SpesBona 21:45, 5 November 2024 (UTC)
Ek is besig met ander dinge op die oomblik, maar ek sal altyd 'n paar wysigings op Wikipedia maak wanneer ek 'n tydjie het. Lefcentreright (kontak) 09:20, 17 November 2024 (UTC)
Wat die verjaardagparty betref, geniet dit gerus terdeë, wanneer en waar dit ook al mag plaasvind, maar geen rede vir my aanwesigheid daar, om redes soos voorheen hier gerapporteer. JMK (kontak) 15:22, 17 November 2024 (UTC)
Naandsê, mense. Die afgetrede senior lektor in die chemie, dr. Jaap Folmer, is allermins dood. Hy is trouens springlewendig by Quora.com. Suidpunt (kontak) 19:00, 17 November 2024 (UTC)

Voorstel om Kragoorbrenging na Elektriese kragtransmissie te skuif.

Mag ek voorstel dat ons die naam van die blad verander, soos dr. Alberts dit voorgestel het? Sien Bespreking:Kragoorbrenging. Ek verkies kragoordrag, maar die standaard woord "transmissie" word algemeen in die media gebruik, dus sal dit seker die beste wees. Objeksies? Sekondante? Groete, Thermofan (kontak) 14:14, 7 November 2024 (UTC)

Ondersteun. Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang. Ons kan dit altyd later weer terugskuif indien nodig. – Pynappel (kontak) 09:26, 8 November 2024 (UTC)
Ondersteun. Kragoorbrenging val moelik op die oor. Sobaka (kontak) 09:28, 8 November 2024 (UTC)

Artikels vir skepping?

Hallo!

Ek is van Argentinië en ek leer die pragtige afrikaanse taal. Kan u my asseblief laat weet as "Articles for Creation" ook in die afrikaanse Wiki beskikbaar is? Miskien kan ek in die toekoms 'n artikel skryf.

Dankie en baie liefde! CoryGlee (kontak) 13:09, 11 November 2024 (UTC)

@CoryGlee: Wikipedia:Versoekte artikels. – Pynappel (kontak) 13:29, 11 November 2024 (UTC)

Verlede tyd van "e-pos"

Hoe skryf mens "e-pos" (die werkwoord) in die verlede tyd?

As 'n selfstandige naamwoord kan mense sê: "Ek het vir jou 'n e-pos gestuur".

Maar hoe sê mens: "Ek het vir jou die dokumente geë-pos" ?

Dit lyk lelik. "ge-epos" lyk beter, maar mag mens die koppelteken so rondskuif?

@Woordgenoot, @Aliwal2012, @BurgertB, @Geebee100 julle menings asb. - Rooiratel (kontak) 18:32, 13 November 2024 (UTC)

Die verlede tyd van e-pos is ge-e-pos. Groete. Frank (kontak) 20:13, 13 November 2024 (UTC)
Frank is reg. ~ Burgert (kontak) 17:12, 14 November 2024 (UTC)
Stem saam met ge-e-pos.  Aliwal2012 06:28, 15 November 2024 (UTC)
Gebruiker:Luthja, jou insae asb! Groete! Oesjaar (kontak) 07:07, 15 November 2024 (UTC)
"Ge-e-pos" is korrek, en enigste opsie volgens spelreël 12.9: samestelling met letternaam of afkorting ("e" in dié geval) as eerste woorddeel word met koppelteken aan voorafgaande voorvoegsel ("ge" in hierdie geval) verbind. Tweede koppelteken kan nie uitgelaat word nie, want dan het jy "epos", 'n verhalende gedig, eerder as elektroniese pos, afgekort. Vgl. ge-X-straal, ge-U-draai, eks-MK-kader en pre-BTW-prys. JMK (kontak) 21:20, 17 November 2024 (UTC)
Baie dankie julle! - Rooiratel (kontak) 13:04, 18 November 2024 (UTC)

120,000 artikels!

Gemeenskap, dankie aan al die gebruikers wat 'n bydrae gemaak het! Elke bietjie help! Groete! Oesjaar (kontak) 10:28, 18 November 2024 (UTC)

Uit die Nederlandse Wikipedia

Gemeenskap, sien; https://www.wikimedia.nl/actueel/blog/generatie-wikipedia-waar-zijn-nou-die-jonge-wikipedianen/ Interessant! Groete! Oesjaar (kontak) 07:20, 21 November 2024 (UTC)

Dispatch runner

Wat dit op Afrikaans is hoor ek graag. Dis nou iemand wat tydens 'n oorlog hardloop om 'n boodskap oor te dra. JMK (kontak) 12:41, 21 November 2024 (UTC)

Ek ken rapportryer Sobaka (kontak) 18:11, 21 November 2024 (UTC)
Dankie. Ek sal hulle maar rapportdrawwers noem, en as iemand later 'n beter idee het, kan hy dit regmaak. JMK (kontak) 17:07, 25 November 2024 (UTC)

Sign up for the language community meeting on November 29th, 16:00 UTC

Hello everyone,

The next language community meeting is coming up next week, on November 29th, at 16:00 UTC (Zonestamp! For your timezone <https://zonestamp.toolforge.org/1732896000>). If you're interested in joining, you can sign up on this wiki page: <https://www.mediawiki.org/wiki/Wikimedia_Language_and_Product_Localization/Community_meetings#29_November_2024>.

This participant-driven meeting will be organized by the Wikimedia Foundation’s Language Product Localization team and the Language Diversity Hub. There will be presentations on topics like developing language keyboards, the creation of the Moore Wikipedia, and the language support track at Wiki Indaba. We will also have members from the Wayuunaiki community joining us to share their experiences with the Incubator and as a new community within our movement. This meeting will have a Spanish interpretation.

Looking forward to seeing you at the language community meeting! Cheers, Srishti 19:53, 21 November 2024 (UTC)

OutoModerator is nou aktief!

Almal, die OutoModerator is nou aangeskakel. Dankie aan die WMF mense wat my gehelp het.

Ek het dit ingestel met die mees versigtige instelling vir nou. Laat my weet as daar enige probleme is. Hopelik sal dit nou die grootste deel van die stryd teen vandalisme neem, en ons kan ons tyd spandeer aan minder irriterende werk op ons wiki. - Rooiratel (kontak) 03:05, 22 November 2024 (UTC)

En lyk my dit werk : Spesiaal:Bydraes/OutoModerator.
Ek sal aan hou om dit te monitor in geval daar enige probleme is. - Rooiratel (kontak) 08:01, 23 November 2024 (UTC)

Vertaling van "Community Configuration"

Ek wil die volgende bladsy vertaal : Spesiaal:CommunityConfiguration.

Wat is die korrekte Afrikaanse vertaling van "Community Configuration"?

As julle wil help met die vertaling/proeflees : https://translatewiki.net/w/i.php?title=Special:Translate&group=ext-communityconfiguration&filter=%21translated&action=translate&language=af Rooiratel (kontak) 05:44, 22 November 2024 (UTC)

NC Commons

Kommunikasie van @Doc James: rakende die gebruik van NC Commons:

'n Rukkie terug het ons 'n aantal SA beelde op NC Commons gelaaihttps://nccommons.org/wiki/Category:Photographs_by_GovernmentZA

Ons het reeds soos julle weet konsensus op af:wp gekry om NC-gelisensieerde beelde hier te gebruikhttps:https://www.search.com.vn/wiki/index.php?lang=af&q=Wikipedia%3AGeselshoekie%2FArgief2023&diff=2648454&oldid=2644577

Ons het hierdie beleid op meta rakende NC saam met WMF Legal opgestelhttps://meta.wikimedia.org/wiki/CC_BY-NC_template_EDP_and_documentation

Groete, Lefcentreright (kontak) 12:29, 26 November 2024 (UTC)

Nie 100% konsensus nie. Kyk tog mooi of jy regtig NC nodig het, bloot ter wille van hergebruik. JMK (kontak) 10:30, 29 November 2024 (UTC)
Die Afrikaanse Wikipedia het baie jare gelede billike gebruik goedgekeur, dit is 1:1 die Engelse Wikipedia se fair use. Sien ook Wikipedia:Geselshoekie/Argief2021#Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar en Wikipedia:Geselshoekie/Argief2023#Vryheid van panorama. Groete. --  SpesBona 22:15, 2 Desember 2024 (UTC)

Kladogramme wit, in stede van swart

geen takkies

Die takkies van al ons kladogramme, soos bv. by Necrolestes, wys wit oftewel onsigbaar. Weet nie of dit by julle ook so wys nie. JMK (kontak) 10:35, 29 November 2024 (UTC)

Hallo @JMK. Ek het Necrolestes bekyk, en dit lyk vir my korrek (swart takkies).
Ek het voorheen veranderings gemaak aan die kladogramme sodat die takkies wit verskyn in donkermodus en swart in ligmodus.
Kan jy asb. vir my 'n skermkiekie neem van wat jy sien, en op commons sit, en vir my die skakel stuur? Ek sal die probleem ondersoek. - Rooiratel (kontak) 11:26, 29 November 2024 (UTC)
Dankie @JMK ek sien jy gebruik nog die ou weergawe van die vel. Miskien is dit hoekom. Ek sal sien of ek dit kan reg maak.
Nog 'n vraag, het jy dalk donkermodus aangeskakel op jou webblaaier of bedryfstelsel? (Nie Wikipedia nie) - Rooiratel (kontak) 15:07, 29 November 2024 (UTC)
Dankie. Geen donkermodus. JMK (kontak) 15:35, 29 November 2024 (UTC)
OK. Dit is beslis 'n probleem met die ou vel. Ek het nou teruggeskakel na die ou vel en sien ook die probleem. Sal sien of ek die kladogram kan kry om met die nuwe en ou vel laat werk. - Rooiratel (kontak) 15:53, 29 November 2024 (UTC)
Was makliker as wat ek gedink het. Dit werk nou met beide die nuwe en ou Vector-vel. - Rooiratel (kontak) 15:57, 29 November 2024 (UTC)
Dit werk, dankie! JMK (kontak) 15:32, 1 Desember 2024 (UTC)

Sjabloon vir vliegtuigenjins...

Gemeenskap, my nood vir die Sjabloon:Infobox aircraft engine word groter... Groete! Oesjaar (kontak) 18:52, 29 November 2024 (UTC)

AW Skryfkompetisie vir hoërskole 2024-wenartikels

Beste Afrikaanse Wikipedia-gemeenskap

Die wenartikels vir die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie vir hoërskole 2024 is nou bekend. Die deelnemers is ook ingelig dat hulle verder aan hulle artikels kan werk en verbeter. Julle is ook nou welkom om te begin met opruimingswerk. Dis ook die Afrikaanse Wikipedia-gemeenskap se besluit watter artikels behoue moet bly met verbeterings en watter artikels geskrap of versmelt moet word.

Ons drie wenartikels:

Die Top Tien-artikels (die oorblywende sewe in alfabetiese volgorde):

Vind die res van die artikels hier: Kategorie:Skryfwedstrydartikels

Groete en lekker lees! Woordgenoot (kontak) 12:44, 3 Desember 2024 (UTC)