Ducati

Ducati Motor Holdings S.p.A. is 'n Italiaanse maatskappy wat motorfietse ontwerp en vervaardig, met sy hoofkwartier in Bologna, Italië. Ducati word besit deur die Duitse motorvervaardiger Audi deur middel van sy Italiaanse filiaal Lamborghini, wat beide weer besit word deur die Volkswagen Groep.[2]

Ducati Motor Holding S.p.A.
TipePrivaatmaatskappy
Gestig1926
HoofkantoorBologna, Italië
SleutelpersoneRupert Stadler (voorsitter)
Claudio Domenicali (uitvoerende hoof)
Gebied bedienwêreldwyd
IndustrieMotorfietsvervaardiger
ProdukteCucciolo, 750 Imola Desmo, 916, Monster
Inkomste€702 miljoen (2015)[1]
MoedermaatskappyAudi
DivisiesDucati
Dogter-
maatskappye
Ducati Corse
Webwerfducati.com

Motorfietsontwerpe

2006 Ducati PaulSmart 1000 LE

Ducati is die beste bekend vir sy hoëprestasiemotorfietse gekenmerk deur grootkapasiteit vierslag, 90° V-tweelingenjins[3] met 'n desmodromiese klepontwerp.[4] Ducati verwys na hierdie opset as 'n L-tweeling, want een silinder is vertikaal, terwyl die ander horisontaal is, en lyk soos 'n letter "L".

Moderne Ducatis bly onder die dominante prestasiemotorfietse wat vandag beskikbaar is deels as gevolg van die desmodromiese klepontwerp, wat reeds in sy 50ste jaar van gebruik is.

Verwysings

Eksterne skakels