Duluth, Minnesota

Duluth is hawestad op die oewer van die Bowemeer in die deelstaat Minnesota waar die St. Louisrivier in die meer uitmond. Die administratiewe setel van St. Louis County is hier geleë.

Duluth

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Minnesota
 CountySt. Louis
 Koördinate46°47′N 92°5′W / 46.783°N 92.083°W / 46.783; -92.083
 Inkorporasie1857
 Oppervlakte: 
 - Totaal226,44 vk km
 Hoogte bo seevlak214 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2013)86 128
 - Bevolkingsdigtheid491,3/vk km
 TydsoneCST (UTC -6)
 SomertydCDT (UTC -5)
 BurgemeesterEmily Larson (DFL[1])
 Amptelike Webwerfduluthmn.gov

Duluth is 'n binnelandse seehawe op die westelikste punt van die Bowemeer, maar het, ofskoon dit 3768 km vanaf die Atlantiese Oseaan geleë is, met die bou van die Amerikaans-Kanadese Sint Laurenswaterweg - 'n kombinasie van natuurlike en mensgemaakte waterroetes wat in die somer van 1954 begin en in 1959 voltooi is - tot een van die vernaamste Atlantiese seehawens in Noord-Amerika ontwikkel van waar graan, ystererts, hout en ander uitvoerprodukte na bestemmings dwarsoor die wêreld verskeep word.

Geskiedenis

North Pier-vuurtoring en invaart tot die Duluth Ship Canal in Februarie 2020
'n Sementvrag- en 'n stoorskip in Duluth-hawe. Tradisioneel word daar 'n onderskeiding gemaak tussen skepe wat vir vervoer op die Groot Mere bestem is (lakers) en oseaanvarende skepe (salties)

Die eerste blankes hier was Radisonn en Groseilliers, twee Franse pelshandelaars wat omstreeks 1660 hier gejag het. In 1679 het die Franse ontdekkingsreisiger Daniel Greysolon Sieur Duluth die Franse vlag hier gehys. Die nedersetting is eers in 1856 uitgelê en in 1870 het dit stadstatus verkry. Die eerste spoorlyn is in 1870 hiernatoe gebou.

Bekende boorlinge

Bron

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 8, Bladsy 417.

Verwysings