Dwingeloo 1

sterrestelsel

Dwingeloo 1 is 'n spiraalsterrestelsel sowat 10 miljoen ligjare van die Melkweg af[3] in die sterrebeeld Kassiopeia. Dit lê in die Sone van Ondeursigtigheid en word kwaai deur die Melkweg se sterre en stof verberg. Die grootte en massa van die stelsel is vergelykbaar met dié van die Driehoeksterrestelsel.

Dwingeloo 1
'n WISE-infrarooibeeld van Dwingeloo 1.
'n WISE-infrarooibeeld van Dwingeloo 1.
Soort stelselSpiraalsterrestelsel
SterrebeeldKassiopeia
TipeSB(s)cd[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming02h 56m 51.9s[1]
Deklinasie+58° 54′ 42″[1]
Skynmagnitude13,08 (V-band)[2]
Besonderhede
Afstand (ligjaar)10 miljoen
Rooiverskuiwing 0,000368[1]
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Dwingeloo 1 het twee kleiner satellietsterrestelsels, Dwingeloo 2, 'n onreëlmatige sterrestelsel,[4] en MB 3. Hulle behoort tot die IC 342/Maffei-groep sterrestelsels.

Verwysings

Skakels