Gadla Henry Mphakanyiswa

Suid-Afrikaanse hoofman van die Temboe-volk en vader van Nelson Mandela
Gadla Henry Mphakanyiswa
mens
GeslagmanlikWysig
Geboortedatum1880Wysig
GeboorteplekSuid-AfrikaWysig
Sterfdatum1928Wysig
EggenootNosekeni FannyWysig
KindNelson MandelaWysig

Gadla Henry Mphakanyiswa, ook bekend as Nkosi Mphakanyiswa Gadla,[1] (gebore omstreeks 1880, oorlede omstreeks 1928) was 'n Suid-Afrikaanse hoofman[2] van Mvezo[3] 'n klein dorpie naby die Mbashe-rivier. Hy is veral bekend as die vader van Nelson Mandela (1918 ‒ 2013), die burgerregte-aktivis wat president van suid-Afrika geword het.[2][4][3][5]

Gadla Henry Mphakanyiswa kom van die Temboe volk van Suid-Afrika.[2] Sy moedertaal was Xhosa.[6][1]

As hoofman was Mphakanyiswa die leier van die dorpsraad. Hy was 'n adviseur van die Temboe-Koning, en die koning se verteenwoordiger met die Engelse koloniale owerhede. Hy is aangestel as seromoniemeester vir huwelik, begrafnisse, en besnydenisritusse vir jong mans. Hy was ook 'n regter in siviele geskille wat in die dorp ontstaan het. Hy was ongeletterd, maar as hoofman het hy uitgebreide opleiding agter die rug, met uitgebreide kennis van die geskiedenis, geslagsregister en gebruike van die Temboe-mense. Hy is as hoofman deur Britse koloniale owerhede afgesit ná 'n konfrontasie met 'n Britse landdros.[7]

Hy het vier vrouens en dertien kinders gehad, vier seuns en nege dogters.[2][6] Hy is oorlede as 'n gevolg van TB in die 1920's.[5]

Verwysings