George H.W. Bush

41ste president van die Verenigde State
George Herbert Walker Bush
41ste President van die Verenigde State
Ampstermyn20 Januarie 198920 Januarie 1993
VoorgangerRonald Reagan
OpvolgerBill Clinton
Geboortedatum(1924-06-12)12 Junie 1924
GeboorteplekMilton, Massachusetts
Sterftedatum30 November 2018 (op 94)
SterfteplekHouston, Texas
Eerste DameBarbara Bush (1945–2018; haar dood)
Politieke partyRepublikein
VisepresidentDan Quayle
Handtekening

George Herbert Walker Bush (12 Junie 192430 November 2018) was 'n Amerikaanse politikus van die Republikeinse Party. Hy het van 1989 tot 1993 as die 41ste president van die Verenigde State van Amerika gedien.

Adjunkpresident George H.W. Bush (regs) en president Ronald Reagan in 1981.

In die Tweede Wêreldoorlog was hy 'n vlieënier. Sy Avenger-torpedobomwerper is oor die Stille Oseaan afgeskiet, maar hy is deur 'n Amerikaanse boot opgepik.

Hy word veral onthou vir sy belofte voor die presidentsverkiesing dat hy nie belasting sou verhoog nie. Sy woorde was: "Read my lips — no new taxes". Nadat hy president geword het, het hy wel sommige belastings verhoog.[1] Sy presidentskap word ook onthou vir die Golfoorlog teen Irak in 1990–1991.

Ná sy presidentskap het hy homself grotendeels van die openbare lewe onttrek. Hy is die vader van die 43ste Amerikaanse president, George W. Bush. George H.W. Bush is net enkele maande na sy vrou, Barbara Bush, op 30 November 2018 oorlede.[2]

Verwysings

Eksterne skakels