Huis van York

Die Huis van York was nes die Huis van Lancaster ’n tak van die Engelse koninklike Huis van Plantagenet wat sedert 1154 oor Engeland regeer het. Drie van sy lede het in die laat 15de eeu monarge van Engeland geword.

Huis van York
Die wit roos, embleem van die Huis van York.
Die wit roos, embleem van die Huis van York.
HoofhuisHuis van Plantagenet
VoorgangerHuis van Lancaster
OpvolgerHuis van Tudor
StigterEdmund van Langley
Laaste heerserRichard III van Engeland

Die stamvader van die Huis van York was Edmund van Langley, die vyfde seun van koning Eduard III wat in 1384 die eerste Graaf van York geword het. Deur die huwelik van sy seun Richard van Conisburgh met Anne Mortimer, ook ’n afstammeling van Eduard III, het die Huis van York in ’n posisie gekom om die Engelse troon op te eis.

Geskiedenis

Die eerste York-koning van Engeland was Eduard IV, wat in 1461 die Lancaster-koning Hendrik IV verslaan het en tot koning uitgeroep is met behulp van Richard Neville, die Graaf van Warwick. Hendrik IV het in 1470 weer die mag teruggeneem, maar is in die volgende jaar weer verdryf.

Ná Eduard IV se dood in 1483 het sy seun Eduard V op 12-jarige leeftyd aan die bewind gekom onder regentskap van sy oom Richard, die Hertog van Gloucester. Hy is twee maande ná sy troonbestyging saam met sy broer, Richard (9), in die Londense Tower opgesluit, vermoedelik deur hul oom Richard, wat die troon vir homself toegeëien het as Richard III.

Richard was net ’n paar jaar op die troon. In 1485 het Hendrik Tudor in opstand gekom en Richard verslaan in die Slag van Bosworth. Hendrik is tot koning gekroon en was die eerste monarg van die Huis van Tudor.

Monarge van die Huis van York

MonargPortretGeboreHuwelikOorlede
Eduard IV
4 Maart 1461 – 2 Oktober 1470
11 April 1471 – 9 April 1483[1]
28 April 1442
Rouen
seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[1]
Elizabeth Woodville
Grafton Regis
1 Mei 1464
tien kinders[1]
9 April 1483
Westminster-paleis
op 40[1]
Eduard V
9 April – 25 Junie 1483[2]
2 November 1470
Westminster
seun van Eduard IV en Elizabeth Woodville[2]
ongetroudc. 1483
Londen
op sowat 12 (vermoor)[3]
Richard III
26 Junie
1483–1485[4]
2 Oktober 1452
Fotheringhay-kasteel
seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[5]
Anne Neville
Westminster-abdy
12 Julie 1472
een seun[5]
22 Augustus 1485
Slag van Bosworth
op 32 (in ’n geveg)[5]

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Huis York

Eksterne skakels