Jacques Lacan

Jacques Lacan (13 April 1901 - 9 September 1981) was 'n Franse psigiater en psigoanalis wat beroemd geword het vir sy sogenaamde "terugkeer na Freud" en die diktum dat die onderbewuste gestruktureer is soos 'n taal.

Jacques Lacan
GeboortenaamJacques Marie Émile Lacan
Gebore13 April 1901
Parys, Frankryk
Oorlede9 September 1981 (op 80)
Parys, Frankryk
NasionaliteitVlag van Frankryk Frankryk
VakgebiedPsigoanalise
Beïnvloed deurSigmund Freud, Martin Heidegger, Claude Lévi-Strauss, Karl Marx
Invloed opAlain Badiou, Luce Irigaray, Julia Kristeva, Jacques-Alain Miller, Slavoj Žižek, Éric Laurent

Sy belangrikste invloede, benewens Freud, was die strukturele linguïstiek van Ferdinand de Saussure. Lacan is steeds invloedryk in literêre teorie, filmstudies, geslagstudies en die sielkunde.

Vroeë lewe

Lacan is in Parys gebore as, die oudste van Émilie en Alfred Lacan's se drie kinders. Sy pa was 'n suksesvolle seep- en olieverkoopsman. Sy ma was streng Rooms-Katoliek.