Jakobyn

Die Jakobyne-klub, voorheen bekend as die Vereniging van die Vriende van die Konstitusie, was die bekendste en invloedrykste politieke klub in die ontwikkeling van die Franse Rewolusie.[1] Hulle is so genoem omdat die Dominikaanse Klooster waar hulle byeengekom het, kort tevore geskuif het na Rue St. Jacques (Afrikaans: Jakobus). Hulle is regdeur Frankryk verteenwoordig en hul lidmaatskap was sowat 420 000 .

Die deur van die Jakobyne-klub.

Die klub het later berug geword weens hul heerskappy gekenmerk deur terreur.[2] Vandag word die term Jakobyn beskou as ’n neerhalende beskrywing van radikalisme en linkse rewolusionêre politiek.[3]

Verwysings