Jan Celliers
generaal aan Boerekant in die Tweede Vryheidsoorlog
Genl. Johannes Gerhardus Celliers (Fraserburg, 21 Julie 1861 – 9 Januarie 1931) was 'n generaal aan Boerekant in die Tweede Vryheidsoorlog.
Hoewel hy op Fraserburg in die Karoo gebore is, het hy reeds as jongeling in Transvaal gaan woon waar hy in 1880/'81 saam met die Marico-burgers aan die Eerste Vryheidsoorlog deelgeneem het. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog was hy aan die Krugersdorpse polisie verbonde en het hy aktief aan die oorlog deelgeneem. Die wyse waarop hierdie Boeregeneraal die Britse kanonniers buite aksie gestel het, het hom wyd bekendgemaak. Hy het ook bekendgestaan as die vader van die aanvalsmetode om in volle jaaggalop te skiet.
Hy was ook betrokke toe die Verdrag van Vereeniging geteken is.
Bronne
- (af) Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekThys die BosveldklongApokkeSpesiaal:Onlangse wysigingsVeelvuldige skleroseCarles PuigdemontVarkgriepSeksCleopatra VIIBreyten BreytenbachCobus RossouwMia GothJan BreytenbachSwangerskapSeksposisieWikipedia:GebruikersportaalLongontstekingTweede WêreldoorlogWikipedia:Welkom nuwelingeWikipediaOraniaFietsryrewolusieWikipedia:GeselshoekieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGordelroosWikipedia:HulpCobus Rossouw jr.Suid-AfrikaSkildklierHulp:Verwydering van instandhoudingsjabloneAfrikaansSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Sandra KotzéLys van Suid-Afrikaanse musikanteKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersPornhubEjakulasieAngina pectoris