Jersey City

Jersey City is die administratiewe setel van Hudson County in die Amerikaanse deelstaat New Jersey en dié staat se tweede grootste stad na Newark.

Jersey City

KaartWapen
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat New Jersey
 Koördinate40°42′N 74°03′W / 40.700°N 74.050°W / 40.700; -74.050
 Gestig op1660
 Geïnkorporeer op28 Januarie 1820
 Oppervlakte: 
 - Totaal54,7 vk km
 - waarvan land38,6 vk km
 Hoogte bo seevlak9 m
 Bevolking: 
 - Totaal (Sensus van 2010)247 597
 - Bevolkingsdigtheid6 423,8/vk km
 - Metropolitaanse gebied4 522 858
 TydsoneEST (UTC -5)
Somertyd:
EDT (UTC -4)
 Klimaat 
 - Tipe
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur
 - Gem. temp. Januarie/Julie
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae1194 mm
 BurgemeesterSteven Fulop (D)
 Amptelike Webwerfcityofjerseycity.com

Jersey City maak deel uit van die metropolitaanse gebied van New York en is tussen die Hudsonrivier en Upper New York Bay en oorkant Lower Manhattan, die Hackensackrivier en Newark Bay geleë. Jersey City is 'n belangrike seehawe, handel- en nywerheidstad. Diensnywerhede het 'n leidende rol by die herontwikkeling van sy seekant gespeel waar talle nuwe kantoorgeboue ontstaan het.