Kanadese Arktiese Argipel

Die Kanadese Arktiese Argipel (Engels: Canadian Arctic Archipelago; Frans: Archipel Arctique Canadien) is die noordelike eilandwêreld van Kanada. Dit is in die Arktiese Oseaan en wes van Groenland geleë. Die argipel het 'n oppervlakte van 1 424 500 km² en maak deel uit van die twee Kanadese gebiede Nunavut en die Noordwestelike gebiede. Dit word beskou as die wêreld se tweede grootste argipel ná die Maleise argipel en die grootste wat tot een enkele land behoort. In teenstelling met sy groot oppervlakte is dit min bevolk; net enkele eilande tel 'n aantal inwoners. Die eilande noord van die die Lancaster-sund en die Viscount-Melville-sund word as Koningin-Elizabeth-eilande saamgevat.

Kanadese Arktiese Argipel
Inheemse naam: Canadian Arctic Archipelago / Archipel Arctique Canadien
Kaart van die Kanadese Arktiese Argipel
Kaart van die Kanadese Arktiese Argipel
Geografie
LiggingNoord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate75°N 90°W / 75°N 90°W / 75; -90 90°W / 75°N 90°W / 75; -90

Totale eilande36 563
HoofeilandeAxel-Heiberg-eiland, Baffin-eiland, Banks-eiland, Bathurst-eiland, Bylot-eiland, Devon-eiland, Ellef-Ringnes-eiland, Ellesmere-eiland, Koning-William-eiland, Melville-eiland, Prins van Wallis-eiland, Prins-Charles-eiland, Prins-Patrick-eiland, Somerset-eiland, Southampton-eiland en Victoria-eiland
Oppervlakte1 424 500 vk km

Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebiede Nunavut
Noordwestelike gebiede

Grootste stadIqaluit (6 184)

Demografie
Bevolking14 000

BevolkingsgroepeInuïete
tweede grootste argipel ter wêreld

Die Kanadese Arktiese Argipel grens in die weste aan die Beaufortsee, in die noordweste aan die Arktiese Oseaan, in die ooste aan Groenland, Baffinbaai en Davis-straat, asook in die suide aan die Hudsonbaai en die Kanadese vasteland. Van Kanada se grootste eilande behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel. Vername Kanadese eilande buite die Kanadese Arktiese Argipel sluit in Anticosti, Haida Gwaii, Newfoundland, Vancouver-eiland en Kaap-Breton-eiland.

Hoofeilande

Ligging van die Kanadese Arktiese Argipel
Eilande van die Kanadese Arktiese Argipel
NaamLigging*OppervlakteOppervlakte rangBevolking
(2001)
WêreldKanada
Baffin-eilandNU507 451 km²519 563
Victoria-eilandNT, NU217 291 km²821 707
Ellesmere-eilandNU196 235 km²103168
Banks-eilandNT70 028 km²245114
Devon-eilandNU55 247 km²2760
Axel-Heiberg-eilandNU43 178 km²3270
Melville-eilandNT, NU42 149 km²3380
Southampton-eilandNU41 214 km²349721
Prins van Wallis-eilandNU33 339 km²40100
Somerset-eilandNU24 786 km²46120
Bathurst-eilandNU16 042 km²54130
Prins-Patrick-eilandNT15 848 km²55140
Koning-William-eilandNU12 516 km²6115960
Ellef-Ringnes-eilandNU11 295 km²68160
Bylot-eilandNU11 067 km²71170
Prins-Charles-eilandNU9 521 km²77190

* NT = Noordwestelike gebiede, NU = Nunavut

Verdere leesstof

  • (de) Hans Frebold (2004). Geologie der Arktis (1ste uitg.). Stuttgart: Gebr. Borntraeger. ISBN 978-3-443-01053-9.

Eksterne skakels