Katowice

Katowice (uitspraak: [katɔ'vʲitsɛ], Bo-Silesies Katowicy, in Duits ook bekend as Kattowitz) is die administratiewe hoofstad van die Poolse woiwodskap Silesië en ook sy grootste stedelike gebied.

Katowice
Kattowitz

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Pole Pole
 Woiwodskap Silesië
 Koördinate50°16′N 19°1′O / 50.267°N 19.017°O / 50.267; 19.017
 Stigting (eerste verwysing)(Voor) 1299
 Stadstatus1865
 Oppervlakte: 
 - Totaal164,6 vk km
 Hoogte bo seevlak266 m
 Bevolking: 
 - Totaal (30 Junie 2009)308 724[1]
 - Bevolkingsdigtheid1 874,8/vk km
 - Metropolitaanse gebied3 500 000
 TydsoneMET (UTC +1)
 - SomertydMEST (UTC +2)
 Klimaat 
 - TipeGematigde maritiem-
kontinentale klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur7,9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie-
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae723 mm
 BurgemeesterMarcin Krupa
 Amptelike Webwerfwww.um.katowice.pl/

Katowice is sowat 70 kilometer noordwes van Krakow in die "Bo-Silesiese Steenkoolbekken" geleë en vorm die middelpunt van 'n metropolitaanse gebied met 'n bevolking van 3,5 miljoen. Die nywerheidsgebied rondom Katowice met swaar nywerhede soos metallurgiese bedrywe het oorspronklik danksy die plaaslike mynboubedryf ontwikkel wat steenkool en ystererts ontgin het. Die ekonomiese swaartepunt van die gewes, wat nog steeds een van die belangrikste industriële streke van Pole is, het intussen na elektriese nywerhede en inligtingstegnologie begin verskuif.

Tussen 1922 en 1939 het Katowice as die administratiewe sentrum van die Outonome Woiwodskap Silesië gefungeer. Tydens die Duitse besetting is Katowice in 1941 tot die hoofstad van die Reichsgau Bo-Silesie verklaar en het later weer die administratiewe sentrum van die woiwodskap Silesië geword.

Die stad het ter ere van Josef Stalin tussen 1953 en 1956 die naam Stalinogród gedra. Vandag is Katowice 'n universiteitsstad en die setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop en 'n Evangelies-Augsburgse biskop.

Distrikte

I. Stad

  • 1. Śródmieście
  • 2. Koszutka
  • 3. Bogucice
  • 4. Osiedle Paderewskiego - Muchowiec

II. Noordelike stad

  • 5. Załęże
  • 6. Osiedle Witosa
  • 7. Osiedle Tysiąclecia
  • 8. Dąb
  • 9. Wełnowiec - Józefowiec

III. Westelike stad

  • 10. Ligota - Panewniki
  • 11. Brynów - Osiedle Zgrzebnioka
  • 12. Brynów - Załęska Hałda

IV. Oostelike stad

  • 13. Zawodzie
  • 14. Dąbrówka Mała
  • 15. Szopienice - Burowiec
  • 16. Janów - Nikiszowiec
  • 17. Giszowiec

V. Suidelike stad

  • 18. Murcki
  • 19. Piotrowice - Ochojec
  • 20. Zarzecze
  • 21. Kostuchna
  • 22. Podlesie

Bekende mense uit Katowice

  • Hans Bellmer, surrealistiese fotograaf
  • Henryk M. Broder, joernalis
  • Maria Goeppert-Mayer
  • Kurt Goldstein, neuroloog
  • Jerzy Kukuczka
  • Kazimierz Kutz
  • Franz Leopold Neumann
  • Hans Sachs
  • Alexander Ulfig

Die susterstede van Katowice

Verwysings

Eksterne skakels