Kelly Loeffler

Kelly Loeffler is 'n Amerikaanse sakevrou en politikus. Sy is die HUB van Bakkt en die gesamentlike eienaar van die vroue basketbalspan Atlanta Dream van die Women's National Basketball Association. Loeffler, wat as liberale Republikein beskryf word, is die opvolger van Senator Johnny Isakson.

Kelly Loeffler
Kelly Loeffler

Persoonlike besonderhede
Gebore1969/1970 (ouderdom 48–49)[1]
Bloomington, Illinois, VSA
Politieke partyRepublikeins

Vroeë lewe en loopbaan

Loeffler het op 'n plaas buite Bloomington, Illinois grootgeword waar haar ouers sojabone en mielies verbou en vee geteel het.[2] Sy het Olympia High School in Stanford, Illinois bygewoon waar sy vir die skool se basketbalspan uitgedraf het. Loeffler het 'n BA-graad aan die University of Illinois at Urbana–Champaign (Universiteit van Illinois by Urbana-Champaign) verwerf, asook 'n Meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) aan DePaul Universiteit se Kellstadt Sakeskool.[3]

Loeffler het in 2002 na Atlanta getrek ten einde by Intercontinental Exchange (ICE) aan te sluit.[4] Sy het in 2010 'n minderheidsbelang in die basketbalspan Atlanta Dream van die Women's National Basketball Association (Nasionale Vroue Basketbal-assosiasie) bekom.[3] Loeffler en Mary Brock het in 2011 die span by Kathy Betty gekoop.[5][6] Loeffler het oorweeg om haar tydens die 2014 Verenigde State Senaatsverkiesing vir Georgia as kandidaat beskikbaar te stel, maar het besluit om tog nie aan die verkiesing deel te neem nie.[7] In 2018 het sy die Hoof-Uitvoerende-Beampte van Bakkt, wat 'n gereguleerde mark vir Bitcoin bied en'n filiaal van ICE is, geword[8][9] Loeffler het in 2019 'n veldtog van stapel gestuur om om Johnny Isakson, wat uit die VSA-Senaat bedank het, op te volg.[2] Die dagblad The Atlanta Journal-Constitution het in Desember 2019 gerapporteer dat sy deur Goewerneur Brian Kemp as opvolger benoem is.[10][11]

Persoonlike lewe

Loeffler het in 2004 met Jeffrey Sprecher, die HUB van Intercontinental Exchange getrou.[4]

Verwysings