Kilimandjaro

Kilimandjaro (Engels: Mount Kilimanjaro) is 'n bergmassief in Afrika wat in die noordooste van Tanzanië naby die grens met Kenia geleë is. Met sy hoogte van 5 895 meter is dit die hoogste berg in Afrika, asook die hoogste alleenstaande berg ter wêreld. Die massief bestaan uit die drie vulkane: Kibo, Mawenzi en Shira. Dit is een van die Vulkaniese Sewe Kruine.

Kilimandjaro
Berg Kilimandjaro Berg Kilimandjaro
LiggingKilimandjaro-gebied, Tanzanië; histories: Duits-Oos-Afrika
Hoogte5 895[1] meter bo seevlak
ReeksAlleenstaande berg in die Kilimandjaro-massief
Koördinate3°4′33″S 37°21′12″O / 3.07583°S 37.35333°O / -3.07583; 37.35333 37°21′12″O / 3.07583°S 37.35333°O / -3.07583; 37.35333
BergtipeStratovulkaan
Eerste bestyging1899
Eerste bestyger(s)Hans Meyer
Ludwig Purtscheller
Maklikste roeteVoetslaan[2]
Ligging van Kilimandjaro op 'n kaart (Tanzanië)
Kilimandjaro
Kilimandjaro
Kaart van Kilimandjaro en Berg Meru

Tussen 1885 en 1918 was die berg die hoogste punt op Duitse gebied (Duits-Oos-Afrika) en vanaf 1902 tot 1918 is die berg ná Keiser Wilhelm Kaiser-Wilhelm-Spitze of Wilhelmskuppe genoem. Die Kilimandjaro Nasionale Park is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Die hoogste punt op die berg staan bekend as Uhuru-piek (Swahili vir: "Vryheid") . Daar is sewe roetes wat lei na Uhuru-piek met slegs een wat werklike klimwerk vereis. Die temperatuur daal tot by -30 °C bo-op die berg.[3]

Roetes na die bergtop neem 5-8 dae. Hoe meer tyd bestee word om te klim, hoe makliker sal dit wees om te akklimatiseer.[4]

Verwysings

Eksterne skakels