Koala

Die Koala of Koalabeer (Phascolarctos cinereus), is 'n boomagtige plantetende buideldier inheems aan Australië. Dit is die enigste bestaande verteenwoordiger van die familie Phascolarctidae en sy naaste lewende verwant is die wombats, wat lede van die familie Vombatidae is. Die koala word aangetref aan die kusgebiede van Queensland, Nieu-Suid-Wallis, Victoria en op Kangaro-eiland in Suid-Australië. Hulle is maklik herkenbaar aan hul stewige, stertlose lyf en groot kop met ronde, donserige ore en groot, lepelvormige neuse. Die koala het 'n liggaamslengte van 60–85 cm en weeg 4–15 kg. Die pelskleur wissel van silwergrys tot sjokoladebruin. Koalas van die noordelike bevolkings is tipies kleiner en ligter van kleur as hul eweknieë verder suid. Hierdie populasies is moontlik aparte subspesies, maar dit word betwis. Die dieet van 'n koala bestaan meestal ​​uit bloekomblare. Weens sy teddiebeeragtige voorkoms word hy dikwels verkeerdelik as 'n beer beskou.

Koala
Tydperk: 0.7–0 m. jaar gelede Middel Pleistoseen – Hede
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Klas:Mammalia
Infraklas:Marsupialia
Orde:Diprotodontia
Familie:Phascolarctidae
Genus:Phascolarctos
Spesie:
P. cinereus
Binomiale naam
Phascolarctos cinereus
(Goldfuss, 1817)
Koala verspreiding (rooi – inheems, pers – bekendgestel)
Sinonieme[2][3]
  • Lipurus cinereus Goldfuss, 1817
  • Marodactylus cinereus Goldfuss, 1820
  • Phascolarctos fuscus Desmarest, 1820
  • Phascolarctos flindersii Lesson, 1827
  • Phascolarctos koala J.E. Gray, 1827
  • Koala subiens Burnett, 1830

Die woord "Koala" kom van Dharuk, 'n uitgestorwe inheemse Aboriginetaal wat in die omgewing van Sydney gepraat is. Dit sou iets beteken soos "drink nie", met verwysing na die feit dat die koala selde drink. Die koala, soos baie ander inheemse Australiese diere, speel 'n belangrike rol in die inheemse mite oor die oorsprong van die wêreld.[4][5][6][7][7][8]

Verwysings