Kolumbiet

Kolumbiet
 
FormuleMnNb2O6 - FeNb2O6  
Streepdonkerrooi tot swart 
Glansglasagtig – submetallies 
Hardheid6 (Mohs) 
Transparansiedeursigtig tot opaak 
Kristallografie 
RuimtegroepPbcn 
Struktuurtipekolumbiet 
Eenheidsela = 14.433(2) Å, b = 5.7637(7) Å, c = 5.0832(8) Å (Mn)
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Kolumbiet is 'n mineraal wat 'n reeks ortorombiese mengkristalle van MnNb2O6 - FeNb2O6 vorm. Dit is die belangrikste niobiumerts.[1]

Struktuur

Die mineraal is die argetipe van sy eie kolumbiet-struktuur. Dit is gebaseer op heksagonale digpakking van suurstofione. Die helfte van die oktaëderholtes is gevul met metaalione. Die gevulde oktaëders vorm sig-sag-kettings en een laag gevul met A-ione word afgewissel deur twee lae met B-ione.[2] Die mineraal tantaliet is isostruktureel en tantaalatome kan maklik die niobiumatome vervang.

Verwysings