Linus Pauling

Amerikaanse wetenskaplike

Linus Carl Pauling (/ˈpɔːlɪŋ/; 28 Februarie 1901 – 19 Augustus 1994)[1] was 'n Amerikaanse chemikus, biochemikus, chemiese ingenieur, vrede-aktivis, skrywer en opvoeder. Hy het meer as 1200 boeke en referate gepubliseer, waarvan omtrent 850 wetenskaplike onderwerpe behandel.[2] New Scientist het hom een van die 20 belangrikste wetenskaplikes van aller tye genoem,[3] en van af 2000, is hy aangewys as die 16de belangrikste wetenskaplike in die geskiedenis.[4] Vir sy wetenskaplike werk, is die Nobelprys vir Chemie aan Pauling toegeken in 1954. Vir sy vredesaktivisme word in 1962, is die Nobelprys vir Vrede aan hom toegeken. Hy is een van vier individue wat meer as een Nobelprys verower het (die ander drie is Marie Curie, John Bardeen en Frederick Sanger).[5] Hiervan is hy die enigste persoon wat twee ongedeelde Nobelpryse ontvang het,[6] en een van twee persone wat Nobelpryse in verskillende werksvelde toegeken word, die ander is Marie Curie.[5] Hy was getroud met die Amerikaanse menseregte-aktivis Ava Helen Pauling.

Linus Pauling in 1962.

Pauling was een van die stigters van kwantumchemie en molekulêre biologie.[7] Sy bydraes tot die teorie van die chemiese binding sluit die konsep van orbitale verbastering in, en die eerste akkurate skaal van elektronegatiwiteite van die elemente. Pauling het ook gewerk aan die strukture van biologiese molekules, en het die belangrikheid van die alfa-heliks en beta-plaat in sekondêre struktuur van proteïene gewys. Pauling se benadering het metodes en resultate van X-straalkristallografie, molekulêre model-bou, en kwantumchemie. Sy ontdekkings het die werk van James Watson, Francis Crick, Maurice Wilkins en Rosalind Franklin op die struktuur van DNS geïnspireer, wat op sy beurt dit vir genetici moontlik gemaak het om die DNS-kode van alle organismes te kraak.[8]

In sy latere jare bevorder hy kernwapenontmanteling, so wel as ortomolekulêre medisyne, megavitamin terapie,[9] en diëet aanvullings. Nie een van laasgenoemde het veel aanvaarding in die hoofstroom wetenskaplike gemeenskap gekry nie.[3][10]

Kyk ook

Verwysings

Eksterne skakels