Locronan

Locronan (Bretons: Lokorn) is 'n dorp in die Bretonse département Finistère (Wes-Frankryk) met sowat 800 inwoners en 'n oppervlakte van 8,08 vierkante kilometer. Die dorp is deur die vereniging Les Plus Beaux Villages de France as een van die mooiste dorpe in Frankryk gelys.

Locronan

Lokorn
Die kerk- en markplein
Die kerk- en markplein
Wapen van Locronan
Wapen
Locronan is in Frankryk
Locronan
Locronan
Koördinate: 48°05′55″N 4°12′22″W / 48.09861°N 4.20611°W / 48.09861; -4.20611 4°12′22″W / 48.09861°N 4.20611°W / 48.09861; -4.20611
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Bretagne
Département Finistère
ArrondissementChâteaulin
KantonChâteaulin
Regering
 • BurgemeesterJean-Luc Engelmann
Oppervlak
 • Totaal8,08 km2 (3,12 vk. myl)
Hoogte
38–280 m (125–920 ft)
Bevolking
 • Totaal798
 • Digtheid99/km2 (260/vk. myl)
Poskode
29180
Skakelkodes29134
Webwerfvilledelocronan.fr

Geografie

Locronan lê op 'n heuwel, sowat 17 kilometer noord van Quimper.

Geskiedenis

Die naam Locronan is afgelei van die heilige Ronan, 'n monnik van Ierse afkoms, wat in Locronan begrawe lê. Volgens legendes het hy die inwoners van Locronan geleer om te weef. Locronan het sy ekonomiese welvaart tydens die Middeleeue inderdaad aan die vervaardiging van seildoek van eersterangse gehalte te danke.

Anna van Bretagne, wat hier in 1505 tydens 'n bedevaart gebly het, het stadstatus aan Locronan toegeken.

Tans steun die dorp se ekonomie veral op toerisme.

Besienswaardighede

Locronan het sy Middeleeuse voorkoms volledig bewaar, en motors word in die dorp nie toegelaat nie. Daar is groot parkeerplekke rondom Locronan.

Die Pools-gebore Amerikaanse regisseur Roman Polanski het hier sy film Tess geskiet, waarin die Duitse aktrise Nastassja Kinski 'n hoofrol vertolk het.

Die kerk van Locronan is een van die mees besoekte plekke in die dorp.

Eksterne skakels