Lood(II)oksied

chemiese verbinding

Lood(II)oksied of loodglit, geellood[4] is n verbinding van lood in sy +2 oksidasietoestand met suurstof. Dit het die formule PbO.

Eienskappe

Algemeen

NaamLood(II)oksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formulePbO
Molêre massa223 [g/mol][1]
CAS-nommer1317-36-8[1]  
Voorkomsrooi tot geel kristalle[1]
Fasegedrag  
Faseβ-PbO T<489 °C 
Selkonstantesa=397,29pm; c=502,17pm [2]  
RuimtegroepP4/nmm [2] 
Nommer129  
StrukturberichtB10 
Faseα-PbO T>489 °C 
Selkonstantes589,3pm; 549,0pm; 475,3pm [3]  
RuimtegroepPbcm 
Nommer57
Smeltpunt887 °C[1]
Kookpunt1472 °C[1]
Digtheid9,53 [g/cm3] (α); 9,6 [g/cm3] (β)[1]
Oplosbaarheid0,0504 g/L @ 25 °C α-vorm; 0,1065@ 25 °C β-vorm[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Kristalstruktuur

Die stof kom in twee modifikasies voor wat albei as mineraal aangetref word:

  • Loodglit (Lat. lithargyrum, Eng. litharge β-PbO) is rooierig, tetragonaal en stabiel onder 498 °C.[2]
  • Massicot (α-PbO) is geel, metastabiel en ortorombies. Dit is stabiel teen hoë temperature. [3]

Die tetragonale stuktuur van loodglit is die argetipe van die B10-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.

Die struktuur van massicot (α-PbO) bestaan uit lae wat 271pm dik is en in die [100] rigting deur 319 pm geskei word. Die lae is parallel aan [001] geriffel. Die Pb-atome is op die oppervlak van hierdie lae geleë en hulle posisies verskil min van dié in die metaal Pb, behalwe dat die loodatome aan die binnekant van die lae vierkantig-piramidaal aan vier O-atomegebind is. Die O-atome is in verwronge tetraëdriese koördinasie deur Pb. Die lae word slegs aan mekaar gebind deur van der Waals-interaksies tussen die eensame-elektronpare op Pb-atome. Hulle is oor die tussenlaaggaping geskei deur 397,7(2)pm en 420,6(1). Die geplooide geometrie van die lae word gestabiliseer deur soortgelyke interaksies tussen Pb-atome geskei deur 3728(2)pm oor die golwe binne een laag.[5]

Verwysings