Melinda Bam

Suid-Afrikaanse internasionale model en skoonheidstitelhouer wat as Mej Suid-Afrika 2011 gekroon is

Melinda Bam (gebore 13 Mei 1989) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale model en skoonheidstitelhouer wat as Mej Suid-Afrika 2011 gekroon is, en word die amptelike verteenwoordiger van haar land by Mej. Heelal 2012.[4] Sy was 'n TV-persoonlikheid wat die gewilde TV-program Pasella & Wies Jou Poppie aangebied het. Sy het 'n swemdrag-reeks genaamd Bambshell, waarvoor sy saam met die Suid-Afrikaanse swemdrag-handelsmerk gewerk het.

Melinda Bam
Gebore
Melinda de Kock

13 Mei 1989 (1989-05-13) (34 jaar oud) [1]
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Alma materUniversiteit van Pretoria
BeroepTV-aanbieder, model, motiveringspreker, mode-ontwerper[2][3]
Bekend virBlonde hare; bruin oë
Lengte1,70 m
TitelMej. Suid-Afrika 2011
EggenootAdriaan Berg (trou 2014)
Webwerfwww.melindabam.com Edit this at Wikidata

Vroeë lewe

Melinda Bam [5] (gebore Melinda de Kock) het haar kinderjare op Glenharvie aan Gauteng se Wes-Rand deurgebring waar haar pa, ds. Deon de Kock, predikant vanaf 1989 predikant van die NG gemeente Glenharvie was. Dit was sy eerste gemeente, maar nadat dit in 1996 by Westonaria ingelyf is, het hy sy werk verloor. Hy en sy vrou, Wanda de Kock, 'n gosplesangeres, is vroeg in 1999 geskei. Hy het sy lewe op 15 Julie daardie jaar geneem.[6] Melinda se ma is later weer getroud.

Sy is in 1989 gebore en het twee susters, Melissa Swart en Sybil Bam. Nadat hul ma met Neil Bam getrou het, het Melinda haar van na Bam verander.[7] Sy is 'n model en was 'n student in B.Com Bemarking aan die Universiteit van Pretoria. Sy het vir Mej Suid-Afrika 2011 ingeskryf en die kompetisie gewen met haar eerste poging.

Mej. Suid-Afrika 2011

Melinda is as Mej Suid-Afrika 2011 gekroon by 'n geleentheid wat op 11 Desember 2011 by die Sun City Super Bowl gehou is.[4]

Melinda Bam het Suid-Afrika in Desember by Mej. Heelal 2012 verteenwoordig, wat in Las Vegas gehou is, en is onder die top 10 geplaas.

Sy het nie aan die Mej Wêreld 2012 kompetisie deelgeneem nie, want as 'n deelnemer die top drie van die kompetisie bereik, word sy nie toegelaat om ook vir Mej Heelal in te skryf nie. Haar eerste prinses Remona Moodley het Suid-Afrika eerder by Mej Wêreld 2012 verteenwoordig.[8]

Persoonlike lewe

Haar van is van Duitse oorsprong. Bam het in November 2013 aangekondig dat sy verloof is aan mnr Suid-Afrika 2011, Adriaan Bergh. Die twee voormalige skoonheidstitelhouers het tydens 'n vakansie in Doebai verloof geraak. Hulle is in November 2014 op Oakfield Farm, Gauteng, Suid-Afrika getroud.

Verwysings

Voorafgegaan deur
Bokang Montjane
Mej. Suid-Afrika
2011
Opgevolg deur
Marilyn Ramos