Mongools

Hierdie artikel handel oor die taal in Oos-Asië. Vir die etniese groep, sien Mongole, en vir die taalfamilie, sien Mongoolse tale.

Mongools (in Mongoolse skrif: , Mongɣol kele; in Cyrilliese alfabet: Монгол хэл, Mongol chel; [mɔŋɢɔ̆ɮ xeɮ]) is 'n Altaïese taal wat deur sowat 6 miljoen mense in Mongolië (Buite-Mongolië) en die Chinese outonome gewes van Binne-Mongolië gepraat word. Dit is die mees verspreide van die Mongoolse tale en nou verwant aan Boerjaties en Kalmikies wat in Rusland gepraat word. Mongools is die amptelike taal van beide Mongolië en die Chinese outonome gewes van Binne-Mongolië.

Mongools
Монгол хэл Mongol chel
Mongɣol kele 
Uitspraak:[mɔŋɢɔ̆ɮ xeɮ]
Gepraat in:Vlag van Mongolië Mongolië
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Vlag van Rusland Rusland 
Gebied:Oos-Asië
Totale sprekers:6 miljoen[1] 
Rang:13
Taalfamilie:Altaïes (omstrede)
 Mongools
  Sentraal-Mongools
   Mongools 
Skrifstelsel:Mongoolse skrif
Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Mongolië Mongolië
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Gereguleer deur:Vlag van Mongolië Staatstaalraad[2]
Vlag van Volksrepubliek China Taal- en Letterkunderaad[3]
Taalkodes
ISO 639-1:mn
ISO 639-2:mon
ISO 639-3:mon 
Verspreiding van Mongools
Die woord "Mongol" in verskeie skryfstelsels: 1. tradisioneel, 2. vouskryf, 3. Phagpa, 4. eenvoudige teks, 5. Mantsjoe, 6. Sojombo, 7. horisontale vierkante skryf, 8. Cyrillies

Mongools word in in verskeie skryfstelsels geskryf: In Mongolië word die Cyrilliese alfabet gebruik, terwyl in die Volksrepubliek van China die tradisionele Mongoolse skrif gebruik word.[4] Die voormalige Volksrepubliek van Mongolië het in die 20ste eeu die Cyrilliese alfabet van sy bondgenoot, die destydse Sowjetunie, oorgeneem en aangepas. Dit word nog steeds in Mongolië asook vir ander Mongoolse tale in Rusland soos Boerjaties en Kalmikies gebruik.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Mongools