Olifantsrivier, Limpopo

rivier in Limpopo, Suid-Afrika
Vir ander riviere in Suid-Afrika genaamd "Olifantsrivier", sien die dubbelsinnigheidsblad by Olifantsrivier.

Die Olifantsrivier is 'n hooftakrivier van die Limpoporivier wat in die Mpumalanga- en Limpopoprovinsies, asook vir sy laaste deel in Mosambiek vloei.

Olifantsrivier, Lepelle
Rio dos Elefantes (pt)
Die Olifantsrivier vloei deur die Krugerwildtuin.
Die Olifantsrivier vloei deur die Krugerwildtuin.
Die Olifantsrivier vloei deur die Krugerwildtuin.
StroomgebiedVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Mosambiek Mosambiek
OorsprongTussen Breyten en Bethal
MondingLimpoporivier
Stroomgebiedopp.68 450 km2
Ligging van Olifantsrivier, Lepelle op 'n kaart (Suid-Afrika)
Olifantsrivier, Lepelle
Olifantsrivier, Lepelle
Koördinate: 23°57′31″S 31°52′48″O / 23.95861°S 31.88000°O / -23.95861; 31.88000 31°52′48″O / 23.95861°S 31.88000°O / -23.95861; 31.88000

Ontstaan en roete

Die rivier ontspring tussen die dorpe Breyten en Bethal in Mpumalanga[1] by 26°20′00″S 29°48′18″O / 26.3332°S 29.8050°O / -26.3332; 29.8050 Dit vloei deur die Witbankdam en Loskopdam, sny oos deur die Transvaalse Drakensberg by die Abel Erasmuspas, vloei verder noordoos deur die laeveld in die Limpopoprovinsie en deur die Krugerwildtuin waar dit saamvloei met die Letabarivier. By die Lebomboberge sny die rivier deur die Olifantsravyn, waar die Banguravyn ook uit die suide aansluit, en steek dan die landsgrens oor na Gaza-provinsie, Mosambiek, waarna dit Rio dos Elefantes heet.

Hierna vloei dit in die Massingirdam in, later sluit die Shingwedzirivier by die Olifants aan. Ongeveer 40 km van die Mosambiekse grens, sluit dit by die Limpoporivier aan (by 24°06′45″S 32°38′09″O / 24.1124°S 32.6358°O / -24.1124; 32.6358), voor dit suid draai en uiteindelik by Xai-Xai noord van Maputo in die Indiese Oseaan uitmond. Die opvanggebied van die Olifants word op 68 450 km2 bereken.[2]

Oorbeweiding in middeldele van die rivier het deur die jare erge gronderosie in die riviervallei veroorsaak, veral na harde reënbuie. Die Olifants is een van die ergs-besoedelde riviere in Suider-Afrika,[3] en honderde damme in die opvanggebied het ook die natuurlike vislewe benadeel.[4]

Sytakke

Hoofsytakke

Kleiner sytakke


Die sytakke in die Krugerwildtuin is die Tsutsi, Nhlaralumi, Shisakashanghondo, Timbavati- en die Banguriviere.[9]

Die geskiedkundige gebied van die Pedi-bevolking, Sekhukhuneland, is geleë tussen die Olifantsrivier en sy groot sytak, die Steelpoortrivier.

Damme

Sommige van die dertig groot damme in die Olifantsrivierbekken is:

In Suid-Afrika

In Mosambiek

Verwysings

Eksterne skakels