Oulu

Oulu (Fins: [ˈou̯lu], ; SweedsUleåborg, [ʉːlɛɔˈbɔrj], ) is 'n stad en munisipaliteit in die noordweste van Finland, aan die kus van die Botniese Golf by die monding van die Oulujoki-rivier. Met 'n bevolking van 214 651 (31 Desember 2023)[1] is Oulu die vyfde grootste stad in Finland en die grootste stad in Noord-Finland. Die stad is in 1605 gestig en is ook hoofstad van die streek Noord-Pohjanmaa.

Oulu
Uleåborg

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Finland Finland
 Streek Noord-Pohjanmaa
 Koördinate65°01′N 25°28′O / 65.017°N 25.467°O / 65.017; 25.467
 Gestig op8 April 1605
 Oppervlakte: 
 - Totaal3 817,52 vk km
 Hoogte bo seevlak0–60 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2023)214 651
 - Metropolitaanse gebied (2023)208 939
 - Bevolkingsdigtheid72,21/vk km
 TydsoneUTC +2 (OET)
 - SomertydUTC +3 (OEST)
 Klimaat 
 - TipeKontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur3,3 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie−8,2 / 16,7 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae525 mm
 BurgemeesterSeppo Määttä
 Amptelike webwerfouka.fi

In teenstelling met ander groot stedelike nedersettings in Finland is Oulu se Sweedssprekende minderheid met iets meer as 300 persone of 0,2 persent van die totale bevolking so klein dat Oulu amptelik as'n enkeltalig Finse stad geadministreer word.

Die Universiteit van Oulu is in 1959 gestig.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels