Paul, Apostle of Christ

Paul, Apostle of Christ (Afrikaans: Paul, Apostel van Christus) is 'n 2018 Amerikaanse dramarolprent gebaseer op die Bybel, wat geskryf en geproduseer is deur Andrew Hyatt. James Faulkner (akteur) speel die rol van Paulus van Tarsus en Jim Caviezel (wat die rol van Jesus in die 2004 rolprent The Passion of the Christ gespeel het) speel die rol van die Apostel Lukas.

Paul, Apostle of Christ
RegisseurAndrew Hyatt
Produksieleier
  • David Zelon
  • T.J. Berden
Draaiboek
  • Andrew Hyatt
  • T.J. Berden
Met
Musiek deurJan A.P. Kaczmarek
KinematografieGeraldo Madrazo
RedigeerderScott Richter
Ateljee
VerspreiderSony Pictures
Uitgereik23 Maart 2018
Speeltyd106 minute[3]
LandVerenigde State van Amerika
TaalEngels
Begroting$5 miljoen[4]
Bruto wins$23 miljoen[5]

Die rolprent vertel die verhaal van Paulus van Tarsus, wat bekend was as 'n ongenaakbare vervolger van Christene, voordat hy hom tot die Christendom bekeer het. Die verhaal fokus op sy vormingsdae as 'n belangrike figuur in die formasie van die vroeë Kerk voordat hy deur Nero in Rome tereggestel is.

Die prinsipiële verfilming het in September 2017 in Malta begin. Die rolprent was op 23 Maart 2018 deur Sony Pictures vrygestel.[6]

Rolverdeling

Temas

Tydens 'n onderhoud met Variety, het Berden gesê dat een van die hooftemas van die rolprent vergifnis is: "Paulus het verander van 'n persoon wat Christene vermoor het tot iemand wat een van hulle mees invloedryke leiers sou word. Sy lewe versinnebeeld 'vergifnis,' 'n begrip wat amper onmoontlik lyk vandag — maar baie benodig word."[7]

Vrystelling

Paul, Apostle of Christ was oorspronklik geskeduleer om op die Woensdag (28 Maart 2018) voor Paasnaweek deur Affirm Films vrygestel te word.[10] Die rolprent se datum van vrystelling was egter in Februarie 2018 opgeskuif tot 23 Maart 2018.[11] Die rolprent was op 12 Junie 2018 op DVD, Blu-ray en digitale platvorms vrygestel.

Toekennings

ToekenningDatum van seremonieKategorieOntvangersResultaat
GMA Dove Awards[12]17 Oktober 2018Inspirational Film of the YearPaul, Apostle of ChristBenoem
Ted Baehr#The Movieguide Awards|27th Annual Movieguide Awards[13]February 8, 2019Best Movie For FamiliesPaul, Apostle of ChristHangende
Epiphany Prize for Most Inspiring MoviePaul, Apostle of ChristHangende
Grace Award for MoviesJim Caviezel and James Faulkner, for their roles in Paul, Apostle of ChristHangende

Verwysings

Eksterne skakels