Port Louis

Port Louis is die hoofstad, grootste stad en grootste hawe in die eilande-nasie van Mauritius. Dit is geleë in die Port Louis-distrik, en die westelike deel lê ook in die Rivière Noire-distrik. Dit is die hoofstad van Mauritius en word geadministreer deur die Munisipale Stadsraad van Port Louis.

Port Louis


KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Mauritius Mauritius
 Koördinate20°10′S 57°30′O / 20.167°S 57.500°O / -20.167; 57.500
 Stigting1735
 Vernoem naLouis XV
 Oppervlakte: 
 - Totaal46.7 vk km
 Hoogte bo seevlak134 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2012)148001
 - Bevolkingsdigtheid3169/vk km
 Etniese groepe: 
 - Indiërs~75%
 - Swartes~24%
 - Chinese>1%
 TydsoneMUT (+4)
 - SomertydGeen
 Burgemeester (party)Fritz Thomas
 Amptelike webwerfmpl.intnet.mu/home.htm
Die skip "Le Costa Mediterranea" in die hawe van Port Louis, 29 Februarie 2020

Die stad is die land se ekonomiese, kulturele en politieke sentrum. Volgens Statistiek Mauritius se sensus in 2012 het die bevolking 148 001 getel.

Port Louis is die tuiste van die grootste hawe van die land, wat die enigste amptelike hawe vir in- en uitgang is vir seevaartuie in Mauritius. Skepe moet goedkeuring verkry vir toegang tot die hawe voordat hulle enige ander ankerplek in die eilandnasie besoek.[1]

Verwysings