Potloodromp

'n Potloodromp is 'n noupassende romp met 'n reguit, smal snit. Oor die algemeen val die soom net onder die knie en is aangepas vir 'n goeie pas. Dit is vernoem na sy vorm: lank en skraal soos 'n potlood.[1][2]

'n Moderne potloodromp, 2014

Styl

Die potloodromp mag gedra word óf as 'n aparte stuk klere of as deel van 'n pakkie. 'n Potloodromp het gewoonlik 'n opening op die rug, of minder algemeen op die kante, aangesien sy skraal, smal vorm andersins die beweging van die draer beperk. Soms is daar 'n skopplooi, wat minder vel ontbloot, in gebruik in plaas van 'n opening. Potloodrompe wat gemaak is van rekbare gebreide materiaal het nie normaalweg ventilasie of plooie nodig nie.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.