Prins Nicolas, Hertog van Ångermanland

Prins Nicolas van Swede, Hertog van Ångermanland (Nicolas Paul Gustaf Bernadotte;[1] gebore 15 Junie 2015), is die jonger kind en enigste seun van prinses Madeleine en Christopher O'Neill. Hy is agtste in die lyn van opvolging van die Sweedse troon. Ten tyde van sy geboorte was hy sesde in lyn.

Geboorte

Prins Nicolas is op 15 Junie 2015 in die Danderyd-hospitaal in Danderyd, Swede, gebore.[2][3] Die geboorte is begroet met 'n saluut van 21 kanonskote vanaf Skeppsholmen in Stockholm en vanaf die salueringstasies in Göteborg, Härnösand, Karlskrona en Boden.[4] Op 17 Junie is sy name en titel by 'n staatsraad aangekondig deur sy oupa, koning Carl XVI Gustaf.[5]

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.