Ricus Nel

Ricus Nel is 'n Afrikaanse musikant en sanger wat al goue status bereik het met verkope. Sy debuutalbum, Sak en Pak is op 15 Augustus 2011 deur Select-musiek vrygestel. Hy roem daarop dat hy dertien musiekinstrumente kan speel. Hy was gereeld op Jukebox, 'n gewilde program op kykNET te sien.[1]

Ricus Nel
Ricus Nel at "5 vir 50000" Charity
Gebore13 Desember 1979 (1979-12-13) (44 jaar oud)
Rustenburg, Suid-Afrika
Beroep(e)Sanger, Musikant
EtiketteSelect-musiek
AssosiasiesBok van Blerk, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Dozi, Huisgenoot-Skouspel, inniBOS, Lianie May
Webwerfwww.ricusnel.co.za,Agent: Music Profile

Daar is omtrent nie ‘n CD deur ‘n gewilde Afrikaanse treffersparadesanger waarop Ricus Nel se veelsydige musikaliteit nie benut word nie!

Na die groot sukses van sy debuut vrystelling is Ricus Nel terug met 'n opvolg-album, dit beloof om selfs meer as voorheen te beïndruk. Hierdie album is opgeneem met 'n tipiese aardse - organiese - gevoel, en die liedjies is diep, maar lewendig en eg. Die meeste van die liedjies is oorspronklik, met die uitsondering van 'n paar covers soos "Amanda", "You're My Best Friend" en ook die twee instrumentele "Grenswag" en "Outa In Die Langpad".

Getroud met

Diskografie

  • Sak en Pak, 2011
  • Sout van die Aarde, 2013

Musiek Video Lys

Sien ook

Media

Eksterne Skakels

Verwysings