Rzeszów

Rzeszów [ˈʐɛʂuf] is die administratiewe hoofstad van die Suidoos-Poolse woiwodskap Subkarpate (Podkarpackie).

Rzeszów

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Pole Pole
 Woiwodskap Subkarpate
 Koördinate50°3′N 22°0′O / 50.050°N 22.000°O / 50.050; 22.000
 Stigting (eerste verwysing)-
 Stadstatus1354
 Oppervlakte: 
 - Totaal126,57 vk km
 Hoogte bo seevlak221 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Oktober 2019)195 101
 - Bevolkingsdigtheid1 541/vk km
 - Metropolitaanse gebied365 000
 TydsoneMET (UTC +1)
 - SomertydMEST (UTC +2)
 Klimaat 
 - TipeKontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur8,9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie-3,3 / 18 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae508 mm
 BurgemeesterTadeusz Ferenc
 Amptelike Webwerfwww.erzeszow.pl

Rzeszów is 'n universiteitstad wat aan weerskante van die Wisłokrivier in die hartland van die Sandomierska-vallei, tussen Krakow en die Pools-Oekraïense grenspos naby Przemyśl en langs die internasionale snelweg E 40 en die spoorweglyn tussen Lviv (Lemberg) en Krakow geleë is. Die stad word deur 'n internasionale lughawe bedien.

Die stad se ekonomiese stand as belangrikste nywerheidsentrum in Suidoos-Pole word al dekades lank deur die vliegtuigbedryf bepaal. Daarnaas speel voedselverwerking en farmaseutiese nywerhede 'n beduidende rol. Die ligging naby die Poolse Woudkarpate-berggebied en 'n goed ontwikkelde toeristiese infrastruktuur met talle aantreklikhede maak van Rzeszów 'n gewilde reisbestemming.

Bekende boorlinge

  • Anja Rubik (* 1983), foto- en loopplankmodel, aktivis, filantroop en sakevrou

Bronnelys

  • Jerzy Jawczak (1991). Rzeszów. Krajowa Agencja Wydawnicza. ISBN 978-83-03-02788-7. Besoek op 25 Februarie 2010.
  • Malczewski, Jan (1995). Rakuś, Anna; Staszewski, Krzysztof; Malczewski, Jan (reds.). 'Zamek w Rzeszowie, jego otoczenie i właściciele (in Pools). Rzeszów: Libri Ressovienses. ISBN 83-902021-5-8.
  • Moshe Yaari-Wald (ed.), Sefer Zikkaron li-Kehillat Risha (Heb., some Yid. and Eng., 1967).