Selfbeskikking

Selfbeskikking is die beginsel in internasionale reg dat volke die reg het om hul soewereiniteit en internasionale politieke status vrylik te kies met geen eksterne dwang of inmenging nie. Die beginsel noem nie hoe die beslissing gemaak moet word of wat die uitkoms moet wees nie, hetsy dit onafhanklikheid, federalisme, beskerming, ’n vorm van outonomie of selfs volle assimilasie is.[1] Dit noem ook nie wat die afbakening tussen volke behoort te wees nie — of selfs uit watter elemente ’n volk bestaan nie. Daar is selfs teenstrydige definisies en wetlike kriteria vir die bepaling van welke groepe wetlik op die reg van selfbeskikking kan aanspraak maak.[2] Bowendien is selfbeskikking een van vele beginsels wat van toepassing is op die bepaling van internasionale grense.[3]

Kaart van Afrikalande volgens hul onafhanklikheiddatums
Ontbinding van Joego-Slawië
Voormalige Sowjetstate

By uitbreiding het dit daarop neergekom dat die term selfbeskikking die vryheid van eie besluitneming sonder eksterne dwang beteken.[4][5]

Van die gebiede wat tans vir hul reg op selfbeskikking pleit, sluit in:

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.