Siberiese Khanaat

Die Khanaat van Sibir was ’n Tartaarse khanaat in die latere Siberië. Dit is bewoon deur die Siberiese Tartare, Chanti, Mansi, Nenets en Selkoep.

Khanaat van Sibir
Flag
1490 – 1598
Ligging of Sibir
Ligging of Sibir
Khanaat van Sibir in die 15de tot 16de eeu.
HoofstadTyumen (tot 1493)
Sibir (vanaf 1493)
Taal/TaleSiberiese Tataars, Chanti, Mansi, Nenets en Selkoep
GodsdiensSjamanisme
later Islam
RegeringMonargie
Historiese tydperkNuwe Tyd
 - Stigting1490
 - Verowering deur die Tsaredom van Rusland1598

Geskiedenis

Jermak se Verowering van Siberië, deur Wasili Soerikof.

Die khanaat is in die 15de eeu gestig toe die Mongole van die Huis van Djotsji aan die verbrokkel was. Die oorspronklike hoofstad was Tsjimgi-Toera. Die eerste khan was Taiboega en hy is opgevolg deur sy seun Choja or Hoca, wat weer deur sy seun Mar opgevolg is.

Die Beleg van Kazan deur die Russe in 1552 het die destydse khan Jadigar aangespoor om vriendskaplike betrekkinge met Moskou aan te knoop. Hy is egter na jare van oorlog deur Koetsjoem verslaan, wat toe khan geword het.

Verowering van Sibir

Oor die volgende 14 jaar het Rusland die khanaat geleidelik verower. In 1598 is Koetsjoem op die oewers van die Ob-rivier verslaan en dit het ’n einde aan sy bewind gebring.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Khanate of Sibir

Eksterne skakels