Soedairi-sewe

Die Soedairi-sewe (Arabies: السديريون السبعة, as-Sudayriyyūn as-Sabʿah) is die algemene naam vir die magtige bondgenootskap van sewe volbloedbroers in die Huis van Saoed. Hul pa, Ibn Saoed, die eerste koning van Saoedi-Arabië, het meer seuns by hul ma, Hoessa bint Ahmed al-Soedairi, gehad as by enige van sy ander vroue. Hoessa was lid van die magtige Al-Soedairi-clan[1]

Fahd en Salman, wat koning geword het.

Die oudste van die sewe, Fahd, was van 1982 tot 2005 koning; die tweede en vierde oudstes, Soeltan en Najef, was kroonprinse maar is voor koning Abdoellah (nie een van die sewe nie) dood; en die sesde oudste, Salman, het Abdoellah in 2015 as koning opgevolg.

Met die dood van Abdoel Rahman in 2017 het net die jongste twee van die Soedairi-sewe, Salman en Ahmed, oorgebly.

As ’n politieke realiteit was daar net ses, nie sewe nie, want Toerki het in die 1950's van sy broers weggebreek en hy is van die troonopvolging uitgesluit.

Die sewe

Verwysings

Bronne