Sopwith Camel

Britse dubbeldekker vegvliegtuig

Die Sopwith Camel was 'n Britse dubbeldekker vliegtuig van die Eerste Wêreldoorlog en dit is een van die bekendste vliegtuie van die oorlog. Die vliegtuig is ontwikkel uit die Sopwith Pup wat dit uiteindelik vervang het. Die amptelike naam vir die vliegtuig is Sopwith Biplane F.1 maar het onder sy bynaam bekend geraak.

Sopwith Camel
'n Sopwith Camel van die Britse Lugmag
Tipedubbeldekkervliegtuig vegter
VervaardigerSopwith Aviation Company
Ontwerp deurHerbert Smith
Nooiensvlug22 Desember 1916
BekendstellingJunie 1917
OnttrekJanuarie 1920
HoofgebruikerRFC (RAF), RNAS, AAF
Aantal gebou5 490

Ontwikkeling

Die eerste prototipe was toegerus met 'n 110 perdekrag Clerget 9Z motor en het te Brooklands sy eerste vlug voltooi op 26 Februarie 1917 en die F.1/3 produksiemodel het onmiddellik gevolg. Die vliegtuig was uiteindelik toegerus met 'n 130 perdekrag Clerget enjin en twee Vickers-masjiengewere. Die Camels was toegerus met 'n verskeidenheid motors behalwe die Clerget 9B ook die Bentley BR1, Gnome Monosoupape en Le Rhône 9j.

As gevolg van die vliegtuig se ontwerp was die gravitasiepunt redelik voor, met die motor, bewapening, vlieënier en brandstof in die voorste 2.17 m van die vliegtuig het dit uitdagings gebied aan die vlieëniers. Eerstens was die kontroles baie sensitief en tweedens kon dit maklik draai as gevolg van die gewig aan die voorkant. Dit het ook tot gevolg gehad dat menige onervare vlieënier in ongelukke betrokke was met die vliegtuig; sommige noodlottig.

Een aksie van die Camel was uniek: Die vliegtuig kon as gevolg van die wringkrag skerp na regs draai; ervare vlieëniers het 'n 270° draai na regs gemaak in stede van net links en kon dit tot hulle voordeel gebruik in luggevegte. Hierdie beweging het sy risiko's gehad; die neus wou net afwaarts neig terwyl 'n links draai die vliegtuig wou laat klim het.

Tydens die Slag van Cambrai in Maart 1918 het kaptein J.L. Trollope van 43 Eskader op 24 Maart ses vyandelike vliegtuie afgeskiet.

Die vliegtuig was amptelik verantwoordelik vir 1,634 slagoffers tydens die oorlog.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Sopwith F.1 Camel:
ItemStatistiek
Aantal motors1
Tipe motorSkroef
VervaardigerClerget 9-silinder lugverkoelde enjin
Kraglewering per motor130 perdekrag
Vlerkspan8,53 m
Lengte5,72 m
Hoogte2,6 m
Vlerkoppervlakte21,46 m2
Maksimum opstygmassa659 kg
Maksimum snelheid188 km/h
Operasionele hoogte5 790 m
Uithouvermoë2.5 uur
Klimvermoë3,050 m in 10 minute, 35 sekondes
BewapeningTwee gesinchroniseerde Vickers 7,7 mm masjiengewere op neus
plus vier 11,35 kg bomme onder die romp.

Bronne

  • Collier's Encyclopedia Vol. 23 Bladsy 254.
  • Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9

Sien ook

Eksterne skakels