Starlink

Starlink is ’n satellietnetwerk wat deur die Amerikaanse maatskappy SpaceX gebou word[1][2] om internettoegang te verskaf.[3][4] Die netwerk sal uit duisende klein satelliete bestaan wat saam met ontvangers op die grond sal werk. SpaceX beplan ook om van die satelliete vir militêre,[5] wetenskaplike of verkenningsdoeleindes te verkoop.[6]

Logo.

Teen November 2019 het SpaceX 122 satelliete ontplooi. Hulle beplan om nog 60 per lansering te ontplooi, teen ’n tempo van ’n lansering elke twee weke vanaf November. Teen die middel 2020's sal byna 12 000 satelliete ontplooi wees, en dit kan later dalk tot 42 000 vermeerder word.[7] Die aanvanklike 12 000 satelliete sal op drie hoogtes om die Aarde wentel: 1 600 op 550 km, nog sowat 2 800 op 1 150 km en sowat 7 500 op 340 km.[8] Kommersiële gebruik kan in 2020 begin.[9]

Kommer is al uitgespreek oor die langtermyngevaar van ruimterommel as gevolg van die plasing van duisende satelliete in wentelbane bo 1 000 km[10] en ’n moontlike impak op sterrekunde.[11]

Die totale koste van die dekade lange projek om die netwerk te ontwerp, bou en ontplooi is in Mei 2018 deur SpaceX op $10 miljard geraam.[12] Die ontwikkeling van die projek het in 2015 begin, met die twee eerste prototipe-toetssatelliete wat in Februarie 2018 gelanseer is. Die ontplooiing van ’n tweede stel toetssatelliete en die eerste ontplooiing van ’n deel van die netwerk het op 24 Mei 2019 plaasgevind toe die eerste 60 operasionele satelliete gelanseer is.[1][13]

Fases

Sestig Starlink-toetssatelliete net voor hulle in Mei 2019 gelanseer is.
FaseWentelbaan (km)Getal satellieteHelling (grade)Tyd van voltooiing
1
5501 58453Maart 2027
1 1101 60053,8
1 13040074
1 27537581
1 32545070
2
335,92 49342November 2027
340,82 47848
345,62 54753

Verwysings

Eksterne skakels